Vraag
Hoekom moet ek my gesig in die oggend was as ek dit die vorige aand gewas het? – Julia du Toit
Antwoord
Die rede hiervoor is dat dooie velletjies, olie, sweet en bakterie wat oornag opgebou is, verwyder en afgewas word. Dit is ook noodsaaklik om oorblyfsels van jou nagrome af te was voor jy met jou dagprodukte begin. ’n Skoon vel in die oggend sal verseker dat die produkte waarmee jy jou gesig behandel, jou vel beter binnedring en jy behoort jou grimering gladder te kan aanwend.
Stuur jou skoonheidsvrae aan [email protected]