kategorieë: Ontspanning

Hoe om jou kinders die vakansie besig te hou

Triiiiiiiiing!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis die gevreesde klank van die laaste skoolklok wat lui voor die Desembervakansie – jou kinders gaan binnekort jou geduld begin toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir baie van ons is die eerste uitgang om jou sakke te pak en tydelik na ’n privaateiland te verhuis, om die chaos wat gepaard gaan met ’n huis vol kinders te vermy. En dit is selfs vóór die gewilde “Ma, ek is verveeld!”-nagmerrie begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar voordat jy weghardloop na daardie eiland, haal eers diep asem en lees aan, want ons het lekker vakansie-aktiwiteite bymekaar gesit wat jou sal toelaat om te ontspan én wat die kinders uit jou hare sal hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaan kuier vir die vissies

Alle kinders is mal oor ’n dag by die akwarium. Daar is so baie om te doen en te sien – visse, haaie, pikkewyne, en selfs “hoe voel dit”-uitstallings waar kinders aan alles van seesterre tot seegras kan vat en voel.

Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad is daagliks oop vanaf 09h30 tot 18h00. Pryse wissel van R70 tot R150 per persoon.

Jy sal nie net jou kinders se gunstelingpersoon wees nie, maar hulle sal ook mal wees daaroor om hul gesigte teen die glas te druk om seker te maak hulle kry ’n kykie van elke liewe vis!

Gaan speel rolbal!

Hierdie aktiwiteit is altyd ’n wenner en dit kan as ’n familie óf saam met die kinders se vriende gedoen word. Laai hulle almal in die kar en neem hulle na jul plaaslike rolbalarena vir ’n prettige dag uit die huis.

Jy kan deelneem aan die spel of jy kan ontspan. Strek jou uit, sit terug en geniet ’n stil oomblik met ’n goeie boek terwyl jou kinders vermaak word.

Vir die voëls

Het jy geweet Houtbaai het die grootste voëlpark in Afrika?

Dis reg! Met meer as 3 000 voëls en klein diere, maak hierdie voëlpark dit moontlik om kennis te maak en in aanraking te kom met die natuur – jou kinders (en selfs jy), gaan mal wees daaroor!

Daar is ook ’n speelpark vir die kinders waar hulle kan rondrol en tuimel, terwyl jy ’n yskoue drankie by die nabye restaurant geniet.

World of Birds is elke dag van die jaar oop tussen 09h00 en 17h00. Vir ’n dagbesoek sal dit R95 per volwassene en R45 per kind kos.

Speelterrein met ’n uitsig

Laat jou gedagtes vir ’n oomblik hierna gaan: ’n pragtige sonnige dag, ’n asemrowende uitsig oor Tafelberg, die branders breek terwyl die branderplankryers die grootstes probeer vang, kristalblou water en ’n groot, smullekker maaltyd.

Jy kan daar wees! En nie net dit nie, maar ook stilte en rustigheid weg van die kinders af by Moyo of Captain’s Kitchen by Eden on Bay.

Die kinders se speelarea bied jou kinders eindelose genot, wat vir jou ’n stil oomblik gee om op jou eie of saam met vriendinne te geniet. Dit is ’n lekker Desember-afskakel idee.

Klein kokke

Hierdie een is ’n lekker aktiwiteit vir die kinders óf vir die hele familie. Little Cooks Club in Johannesburg is die perfekte plek vir jou kinders om te leer kook en om pret in die kombuis te hê terwyl hulle smaaklike happies en maaltye maak.

Die kostes wissel afhangend van die aktiwiteit en die ouderdom van jou kinders. Maak seker jy bespreek vroegtydig, want dit word veral  in die Desembervakansie vinnig bespreek.

As jy nie ’n bespreking kan kry nie, is ’n maklike alternatief om eenvoudige resepte van die internet af te laai, die bestanddele te koop, en die kinders sommer iets by die huis te laat bak.

Kyk na die sterre

Hoe klink ’n dag van planete- en-sterrekyk vir jou?

Baie opwindend, ons weet!

Hoekom neem jy nie die kinders en probeer die Johannesburg of Kaapstad Planetarium uit nie? Julle kan daar sterrekyk in jul eie hande neem sonder om baie geld te spandeer. Dit is iets wat vir almal opwindend is om saam te geniet.

Met hope aktiwiteite regoor die land om jou kinders besig en aktief te hou, is daar nie ’n rede om hierdie Desembervakansie weg te hardloop nie.

Sê koebaai vir daardie “Ek’s verveeld”-klaery en geniet jou vakansie. Bou herinneringe saam met jou familie, en wys ander ouers dat jý die perfekte oplossing vir vakansieverveeldheid gevind het.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.