Hoe om jou huis heerlik te laat ruik – sonder chemikalieë

Karlien Meiring gee ‘n paar maniere om jou huis sonder enige chemikalieë lekker te laat ruik:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nie net voel ’n huis wat lekker ruik skoner nie, maar die regte aromas kan ook ons buie en stresvlakke beïnvloed. Volgens die Nasionale Instituut vir Gesondheid kan aromaterapie slaapgehalte verbeter en ‘n baie doeltreffende behandeling vir stres wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gelukkig is daar baie min-moeite-maniere om jou huis natuurlik lekker te laat ruik, en baie van hulle bevat dinge wat jy waarskynlik reeds in die huis het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak ‘n venster oop

Dit is beslis die maklikste en vinnigste manier om jou huis beter te laat ruik, en met die seisoen se warmer weer is dit ‘n móét. ‘n Lekker briesie deur jou huis sal nie net wonderlik voel nie, maar ook enige vreemde reuke of bedompigheid uitlaat.

Benut bloekomblare

’n Mens kan nie altyd vars blomme in jou huis hê nie, maar as jy van die idee hou, probeer vars takkies bloekomblare. Nie net ruik die blare heerlik nie, maar ‘n vaas vol bloekomblare kan ook as ‘n moderne ruiker dien. Plaas die vaas in jou badkamer, kombuis of sitkamer vir ‘n subtiele geur. ‘n Mens kan selfs takkies bloekomblare in die hoek van jou stort hang (moenie hulle nat maak nie) sodat die stoom hul olies en geur kan aktiveer. Vars bloekom hou sowat drie weke.

Laat matte heerlik ruik

Op haar webwerf OneGoodThingbyJillee.com sê die leefstylkenner en blogger Jill Nystul dat matte dikwels ongewenste reuke vasvang. Haar raad is om boraks, koeksoda en essensiële olies of speserye in ‘n bak te meng en dan oor jou matte te strooi. Laat staan vir 15-20 minute en stofsuig eenvoudig vir ‘n “varser” kamer.

Maak ’n DIY-lugverfrisser

Jy kan jou eie kamersproei van natuurlike bestanddele maak om jou huis se reuk op te kikker. Jy benodig ‘n skoon spuitbottel, ‘n koppie gedistilleerde water, drie eetlepels vryf-alkohol (jy kan ook ongegeurde vodka gebruik), en minstens 20 druppels van jou gunsteling- essensiële olies. Gebruik ‘n enkele geur of kombineer olies soos laventel, kamille, vanielje en roos wat ‘n ontspanne atmosfeer sal skep. Meng eenvoudig die bestanddele in die spuitbottel en geniet!

Absorbeer slegte reuke met koeksoda

Om jou huis altyd lekker te laat ruik, beteken jy moet voorkom dat onplesierige reuke ruimtes oorneem, veral as jy gereeld met sterk speserye kook. Hoe voorkom ’n mens dit? Sit ‘n paar bakkies koeksoda in jou huis rond en vervang dit weekliks. Dit is veral nuttig in die spens en in ‘n klein kombuis. Koeksoda is wonderlik vir die absorbering van reuke en dis boonop maklik verkrygbaar en goedkoop!

Prut suurlemoenskille

Moenie daardie suurlemoenskil weggooi nie! Sjef Carla Contreras gebruik die suurlemoene wat sy vir suurlemoenwater uitdruk om haar kombuis ongelooflik te laat ruik. “Ek plaas die suurlemoene in ‘n reuse-aftrekselpot en vul dit met water, en laat hulle dan vir ure lank op ‘n lae hitte op my stoof prut,” sê sy. “Dit is so ‘n lieflike reuk vir iets wat andersins tot niet gaan.”

Rooster koffiebone

Nog ‘n truuk wat veral koffieliefhebbers sal geniet, is om ‘n paar koffiebone vir 7-10 minute in die oond teen 200 ºC te laat rooster. Los die oonddeur oop vir ‘n energieke reuk wat jou huis soos ‘n koffiewinkel sal laat ruik.

Foto: Toa Heftiba vir Unsplash

Lees nog: Alles wat jy moet doen voordat jy verhuis

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.