kategorieë: OuerskapJou lewe

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

Laat haar toe om te wees wie sy is

Een van die belangrikste goed wat jy vir jou dogter kan doen, is om haar te laat weet – deur woord en daad – dat wie sy is vir jou belangriker is as hoe sy lyk of hoeveel sy weeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Prys haar prestasies

Wanneer jou dogter iets bereik het – hetsy op akademiese, sport- of kultuurgebied, of selfs net ’n vriendin gemaak het indien sy skaam is – prys haar. Dit gee beslis nie net ’n oomblik se goedvoel nie, maar versterk haar selfbeeld en selfvertroue deur te weet dat jy omgee en trots is op haar. Dit sal ook help as sy weet dat haar prestasies gevariëer is en dat daar belangriker goed is om oor trots te wees as die oppervlakkige dinge wat die wêreld baie maal vir ons sê belangrik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Help haar om mediaboodskappe te evalueer

Tussen sosiale media, die Internet en die tradisionele media, word jou dogter deur ’n magdom boodskappe – positief en negatief – gebombadeer. Indien hulle nie weet hoe om met die media om te gaan en die negatiewe boodskappe te herken, kan hulle negatief beïnvloed word en selfs hul selfbeeld kan ’n knou kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deur haar te help om media reg te gebruik – en byvoorbeeld vir haar te leer dat sosiale media ’n eensydige storie is wat net perfeksie reflekteer, of haar te leer om “trolls” (wat eintlik maar net ’n ander naam vir boelies is) te blok en aan te gee – leer jy haar nie net om vir haarself op te staan nie, maar ook hoe om grense te stel.

Leer haar grense stel en haarself respekteer

Doen aan ander soos wat jy aan jou gedoen wil hê, maar wees sterk in die grense wat jy stel en leer haar om vir mense te sê wanneer hulle haar grense oorskry. Só sal sy nie net selfvertroue leer nie, maar ook sterker word. Hierdie les sal sy ook kan deurdra deur haar skooljare na haar huweliksjare. Onthou, wanneer jy jouself respekteer, sal jy nie sommer toelaat dat ander jou sleg behandel nie.

Leer haar om “nee” te sê

Om “nee” te sê, grense te hê en jouself te respekteer gaan basies hand aan hand. Leer haar vroeg om haar “vrou” te staan en “nee” te sê wanneer sy ongemaklik is om iets te doen. Deur te weet dat sy mág nee sê en nie saam met die bondel hoef te beweeg nie, is nog een van die belangrikste goed wat jy vir haar kan leer. Nie net bou dit selfvertroue nie, maar dit keer ook dat sy sommer voor groepsdruk sal swig.

Moenie sleg praat van jouself nie

Wat jy as haar ma doen, is selfs belangriker as wat jy sê. Dus, moenie van jouself sleg praat nie, heeltyd oor jou gewig of kos kla nie en geen selfvertroue en selfliefde toon nie. Jou dogter sal hiérdie waardes aanleer, eerder as dít wat jy vir haar sê. Jy is haar rolmodel en sy leer van wat sy sien.

Lees meer: Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.