kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe om dubbelwaarde uit jou oogtoets te kry

Hoe om dubbelwaarde uit jou oogtoets te kry deur Salomé Delport. Foto’s: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy gaan vanaf veertig elke jaar vir ’n oogtoets sodat die optometris jou oë kan monitor vir gloukoom, katarakte en makulêre degenerasie – en natuurlik ook om seker te maak of jy ’n nuwe bril of kontaklense nodig het, as jou sig nou nie meer 20/20 is nie.

Jy kan selfs meer uit jou oogtoets kry, want as jy die oogkundige vra kan hy jou ook terugvoer gee of hy in jou oë tekens van ander kwale opmerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat as hy dink iets skort?

Execuspecs sê ’n oogkundige kan jou nie behandel of medikasie hiervoor voorskryf nie maar as hy enige van die kenmerkende vroeë waarskuwingstekens in jou oog optel, kan hy kan jou inlig. Maak beslis ’n afspraak by die toepaslike dokter vir ’n diepte-evaluering en finale diagnose.

Hoe om dubbelwaarde uit jou oogtoets te kry

Ander kwale wat ’n oogtoets optel

Hier is die lys van kwale wat oogkundiges kan identifiseer:

Diabetes

Diabetes beskadig die kleinste aartjies eerste – soos die aartjies op die retina van die oog. ’n Oogtoets evalueer die retina, en sal verdagte aarskade uitwys.

Lees ook: Is diabetes dalk jou voorland?

Hoë bloeddruk

Dit wys dikwels diep in die oog op as aarskade.

Lees ook: Hoe gereeld moet ek my bloeddruk meet as ek gesond is?

7 maklike maniere om jou bloeddruk te verlaag

Rumatoïede artritis

Een van die eerste tekens van hierdie outo-immuunsiekte is dowwe sig, krapperigheid in die oë en droë oë. Dit kan ook ‘n teken van ‘n allergie wees.

Lees ook: Haal die angel uit artritis

Wat om te doen oor inflammasie

‘n Breintumor

Die drukking in die skedel kan druk op die oog veroorsaak, wat tydens die oogtoets wys op die optiese skyf agter in die oog.

Hartsiektes

Een van die eerste tekens van hartsiektes is swelling van die optiese senuwee in die oog – jou oogkundige kan lank voor die dokter optel as jou hart begin swaakry.

Lees ook: Wat elke vrou moet weet oor hartsiekte

Ekstra: 2 wenke vir jou oogtoets

  • Sit ’n uur opsy daarvoor – nie net 10-20 minute soos ’n tipiese doktersafspraak nie.
  • As jy aan ’n chroniese toestand ly, vertel die oogkundige, omdat baie toestande jou sig kan beïnvloed. As hy weet wat jy makeer, kan hy seker maak dat jou sig so goed moontlik behoue bly.

Lees ook: 15 tekens wat aandui dat jou kind ’n sigprobleem het

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

2 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

2 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

5 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

6 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.