Hoe om dubbelwaarde uit jou oogtoets te kry deur Salomé Delport. Foto’s: pexels
Jy gaan vanaf veertig elke jaar vir ’n oogtoets sodat die optometris jou oë kan monitor vir gloukoom, katarakte en makulêre degenerasie – en natuurlik ook om seker te maak of jy ’n nuwe bril of kontaklense nodig het, as jou sig nou nie meer 20/20 is nie.
Jy kan selfs meer uit jou oogtoets kry, want as jy die oogkundige vra kan hy jou ook terugvoer gee of hy in jou oë tekens van ander kwale opmerk.
Wat as hy dink iets skort?
Execuspecs sê ’n oogkundige kan jou nie behandel of medikasie hiervoor voorskryf nie maar as hy enige van die kenmerkende vroeë waarskuwingstekens in jou oog optel, kan hy kan jou inlig. Maak beslis ’n afspraak by die toepaslike dokter vir ’n diepte-evaluering en finale diagnose.
Hoe om dubbelwaarde uit jou oogtoets te kry
Ander kwale wat ’n oogtoets optel
Hier is die lys van kwale wat oogkundiges kan identifiseer:
Diabetes
Diabetes beskadig die kleinste aartjies eerste – soos die aartjies op die retina van die oog. ’n Oogtoets evalueer die retina, en sal verdagte aarskade uitwys.
Lees ook: Is diabetes dalk jou voorland?
Hoë bloeddruk
Dit wys dikwels diep in die oog op as aarskade.
Lees ook: Hoe gereeld moet ek my bloeddruk meet as ek gesond is?
7 maklike maniere om jou bloeddruk te verlaag
Rumatoïede artritis
Een van die eerste tekens van hierdie outo-immuunsiekte is dowwe sig, krapperigheid in die oë en droë oë. Dit kan ook ‘n teken van ‘n allergie wees.
Lees ook: Haal die angel uit artritis
Wat om te doen oor inflammasie
‘n Breintumor
Die drukking in die skedel kan druk op die oog veroorsaak, wat tydens die oogtoets wys op die optiese skyf agter in die oog.
Hartsiektes
Een van die eerste tekens van hartsiektes is swelling van die optiese senuwee in die oog – jou oogkundige kan lank voor die dokter optel as jou hart begin swaakry.
Lees ook: Wat elke vrou moet weet oor hartsiekte
Ekstra: 2 wenke vir jou oogtoets
- Sit ’n uur opsy daarvoor – nie net 10-20 minute soos ’n tipiese doktersafspraak nie.
- As jy aan ’n chroniese toestand ly, vertel die oogkundige, omdat baie toestande jou sig kan beïnvloed. As hy weet wat jy makeer, kan hy seker maak dat jou sig so goed moontlik behoue bly.
Lees ook: 15 tekens wat aandui dat jou kind ’n sigprobleem het