kategorieë: DekorLeefstyl

Hoe om die tydlose Delft- en blou-en-wit styl in jou huis te omhels

Hoe om die tydlose Delft en blou-en-wit styl in jou huis te omhels deur Cornel Dunn. Foto’s deur Johan Wilke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pantone het sopas hul kleur van die jaar vir 2020 gedeel – Classic Blue – en Delft en ander blou-en-wit ware sal besonders treffend werk om dié kleur te omhels. Ons wys jou hoe.

Lees ook: Hoe om met Pantone se Classic Blue te grimeer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Versamelstukke

Loer rond by tweedehandse winkels en vlooimarkte vir Delftse en ander blou-en-wit koppies. Die stel hoef nie volledig te wees nie. Ook kettingwinkels hou reproduksies van hierdie gewilde ontwerp aan, veral die gewilde “willow pattern”.

Lees ook: 5 dekorflaters wat jy nie moet maak nie

2. Ondersteun plaaslik

De Kleipot maak pragtige blou-en-wit teëls wat teen die muur of op die vloer gebruik kan word. Dit lyk klassiek en elegant en sal in byna enige vertrek ’n treffende voorkoms skep.

Lees ook: Kies jou eie badkamerstyl met ons oulike gids

#rrWenk

Indien dit vir jou te duur is om Delftse en ander blou-en-wit teëls aan te koop, raam ’n paar en hang dit teen ’n muur wat in blougrys geverf is.

Lees ook: 7 dinge wat op elke balkon moet wees

Hoe om die tydlose Delft en blou-en-wit styl in jou huis te omhels

3. Vlooimarkvondste

Ons het hierdie blou-en-wit borde by vlooimarkte opgespoor. Hoe groter die verskeidenheid, hoe beter. Gebruik dit as eetware of stal dit teen ’n muur of kas uit.

Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet oor buitelugmeubels

4. Meng en pas

Die Delftse en ander blou-en-wit patrone kom in verskeie items voor – selfs teelepels! Dit meng gemaklik met ander ontwerpe en sal dan of ’n moderne gevoel of ’n nostalgiese gevoel skep, afhangend van hoe jy dit aanwend. Speel ’n bietjie rond met jou ander ware totdat jy iets vind wat by jou styl pas.

Lees ook: Maklike maniere om jou ateljee-woonplek op te knap

5. Op die etenstafel

Kombineer verskillende borde met ’n treffende blou en wit tafeldoek om die voorkoms te vervolmaak.

Lees ook: Hoekom jy in linne moet belê

Hoe om die tydlose Delft en blou-en-wit styl in jou huis te omhels

Hierdie tafeldoek is van Samesyn. (POA):

6. Kleur-pasmaats

Geel is die perfekte pasmaat vir ‘n ryk voorkoms.

Vir ‘n meer moderne voorkoms is wit en grys geskik.

Lees ook: 6 slim wenke vir die plaashuis-styl

Jonkmanshof

7. Muurpapier

Daar is ’n wye verskeidenheid muurpapier in die Delft-ontwerp en ander blou-en-wit-ontwerpe beskikbaar. Plak slegs een fokusmuur sodat mens jy nie oorweldig voel as jy die vertrek instap nie.

8. Viniel-teëls

Hierdie pragtige teëls is beskikbaar by Hope vol Hoop en kan maklik bo-oor bestaande teëls geplak word. Sodoende kan jy sommer vinnig (en vir relatief goedkoop) ’n vervelige ou muur opknap.

Lees ook: 6 goedkoop maniere om jou huis se voorkoms met vinielplakkers op te knap

Verskaffers

Hope vol Hoop | hopevolhoop.co.za

De Kleipot | dekleipot.co.za

Jonkmanshof | Jonkmanshof.com

Samesyn | Samesyn.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.