kategorieë: Jou lewe

Hoe om die stygende petrolprys in Suid-Afrika te hanteer

Daarom het Virseker se voertuig-foendi ’n paar nuttige wenke bymekaar gesit oor hoe om spaarsamig met jou petrol te werk. As jy wil weet hoe om die golf van stygende brandstofpryse te ry, lees verder.

Petrolprys-geskiedenis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

In April 2021 het die petrolprys vir die eerste keer sedert November 2018 tot bo R 17,00 per liter gestyg. Ongelukkig vir Suid-Afrikaanse motoriste was dit die begin van ’n langdurige petrolverhoging. Van April af het die prys tussen R 17,13 en R 17,39 vir vier maande gewissel, maar in Augustus het dit met R 0,91 gestyg. Daarna het dit die derde November weer met meer as ’n rand gestyg tot by R 19,53 per liter. En toe, die eerste Desember, styg die petrolprys weer! So, waar jy aan die begin van 2021 ’n liter petrol vir R 14,86 in die binneland kon koop, kos dit jou nou R 20,29 per liter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens die departement van minerale en energie is die aanhoudende styging van die brandstofprys as gevolg van ’n swak rand/dollar-wisselkoers en ’n wêreldwye tekort aan ru-olie. Dit beteken dus dat vervoerkostes al hoe duurder word, terwyl die gemiddelde huishoudelike inkomste nie kan byhou nie. In die lig hiervan, is hier vir jou ’n wenk of ses oor hoe om kop bo water te hou te midde van aanhoudende petrolprysverhogings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

6 Maniere om petrol te bespaar

Afgesien daarvan om jou kar te verkoop en fiets te ry werk toe, is petrolbesparing jou beste opsie. Doen dit so:

1. Hou jou motor in stand

Die meeste motorwerktuigkundiges is dit eens dat jy jou kar elke 10 000 km moet laat diens. Of, as jy nie so baie bestuur nie, een keer per jaar. Meer nog, jy moet seker maak dat die wiele gebalanseer is en dat jou bande reg is. Klein goedjies soos ongebalanseerde wiele of ’n vuil oliefilter maak dat jou voertuig meer brandstof as wat nodig is, gebruik.

2. Ry minder rond

Met die afgelope twee jaar se Covid-verwante inperkings was dit maklik om nie baie te bestuur nie, maar soos wat die regulasies verslap, begin meer en meer motoriste die paaie aandurf. Maak seker jy is nie een van hulle nie deur sorgvuldig te beplan voor jy gaan rondry.

  • Beplan jou inkopies behoorlik voor jy Spar toe gaan sodat jy nie oormôre weer hoef te ry om tandepasta te gaan koop nie.
  • Maak gebruik van saamrygeleenthede. Vra jou buurman of hy nie een week die kinders wil skool toe vat nie, dan vat jy hulle weer die ander week. So spaar beide van julle geld op petrol en op voertuigslytasie.
  • Kyk of jy nie jou vergaderings op ’n aanlyn platform, soos Zoom of Microsoft Teams kan hou nie.

3. Bly by die spoedbeperkings

Glo dit of nie, as jy te vinnig ry gebruik jou voertuig meer brandstof. Die spoedbeperking is nie net daar om jou te beveilig nie, dit kan jou ook geld spaar. Wie sou ooit kon raai?

4. Vermy verkeer

Ons weet dit is nie altyd moontlik nie, maar probeer om minder in spitsverkeer te bestuur. As jy die heeltyd moet stop en wegtrek gebruik jy meer petrol as wat jy sou as jy net gewoon sonder onderbrekings kon bestuur. Gesels met jou baas en kyk of jy nie fleksie-ure kan werk nie. Andersins, gebruik ’n toep soos Waze of Google Maps om die paaie dop te hou en roetes te beplan waar die verkeer beter vloei.

5. Laat los die lugversorging

Met temperature wat in die somer tot bo 40 °C kan styg in dele van Suid-Afrika is hierdie enetjie makliker gesê as gedaan. Maar die feit van die saak is, as jou motor se lugversorging aan is, jaag dit die petrolverbruik op. Met die stygende petrolprys moet jy dalk maar die stygende temperatuur trotseer.

6. Kry ’n ander kar

Ons almal hou baie van groot spoggerige dubbelkajuitbakkies. Die vraag is, het jy dit regtig nodig? Natuurlik as jy ’n plaasboer is of in konstruksie werk, kan jy met niks minder klaar kom nie, maar as jy net kantoor toe en terug ry, is dit dalk tyd om af te skaal. Nie net gaan dit jou kostes op brandstof spaar nie, maar jy gaan vir seker ook spaar op jou versekeringspremie.

Wen die petrol prys met Virseker

Vir meer nuttige wenke soos hoe om die stygende petrolprys te hanteer, volg Virseker op sosiale media. Terwyl jy besig is, kry sommer ’n gratis motorversekeringskwotasie by ons. Nie net help ons jou in jou taal nie, ons diens is tien teen een ook nog beter.

Bronne:

  1. https://www.iol.co.za/travel/travel-tips/petrol-price-hike-5-ways-to-save-fuel-on-your-next-trip-8201d411-cb9a-4834-9244-16ee2023bb2d
  2. https://www.news24.com/wheels/fuel_focus/r20-per-litre-november-fuel-price-hikes-giving-you-a-headache-heres-what-to-do-about-it-20211019-2
  3. https://ewn.co.za/2021/11/30/concerns-latest-fuel-price-hike-will-have-dire-consequences-for-consumers
  4. https://ewn.co.za/2021/11/29/a-litre-of-petrol-will-now-cost-you-just-over-r20-from-wednesday
  5. https://aa.co.za/fuel-pricing/
  6. https://www.businesslive.co.za/bd/economy/2021-12-01-its-a-mistake-petrol-price-is-only-75cl-higher-says-government/
  7. https://businesstech.co.za/news/energy/534088/expect-more-petrol-price-increases-in-south-africa-over-the-coming-months/
  8. https://www.steves.co.za/vehicle-service-maintenance-what-you-need-to-know/
  9. https://www.timeslive.co.za/sunday-times/lifestyle/2018-04-03-13-fuel-saving-tips-thatll-help-you-survive-the-petrol-price-hike/

Deel
Gepubliseer deur
Nelson Kalula

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.