kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe om die perfekte sonbril te kies

Volgens Meriek van den Berg, oogkundige, is ’n sonbril nie net ’n modebykomstigheid nie. Te veel blootstelling aan UV-bestraling kan jou kanse tot oogsiektes verhoog en daarom is dit belangrik om in ’n goeie sonbril te belê. Die volgende wenke sal help om die beste sonbril vir jou oë te kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wenke vir gesonde visie en oogsorg vir die somer

  • UV-beskerming: Kies ’n sonbril wat ten minste 99% UVA- en UVB-strale blokkeer.
  • Geel filter: Ook ‘blou versperrings’ genoem omdat hulle blou lig blokkeer. As gevolg hiervan sien oë beelde effens geel geskakeer. Die voordeel hiervan is ’n beter kontras van voorwerpe wat ver is, veral op ’n bewolkte dag. Jagters, seiljagters en vlieëniers trek die meeste voordeel hieruit.
  • Gepolariseerde lense: Hierdie lense blokkeer ligdiffusie, soos sonlig wat vanaf wateroppervlaktes of sementpaaie weerkaats. Omdat hulle verblindende lig verminder, is hierdie lense veral handig vir bestuur en visvang.
  • Spieëllense: Hierdie lense verminder die hoeveelheid lig wat die oog bereik, maar bied geen weerstand teen UV-strale nie.
  • Beskerming van die kante: Sonbrille met hierdie eienskap beskerm die oë van lig wat gewoonlik van die kant van die bril inskyn.
  • Gradiënt geskakeerde lense: Hierdie lense is donker van kleur in die boonste deel van die lens en is ligter in die onderste deel. Dus word verblindende lig van bo versper, maar normale afwaartse sig word toegelaat. Bestuurders vind hierdie lense handig, maar word nie vir watersport of die strand aanbeveel nie.
  • Fotochromatiese lense: Hierdie lense word outomaties donkerder in skerp lig en raak weer ligter in die skadu. Die verandering in skakering kan baie vinnig plaasvind, afhangende van die UV-bestraling en temperatuur.
  • Kontaklense: Sommige kontaklense bied UV-beskerming, maar sonbrille verseker bykomende beskerming.

Meriek van den Berg is ’n oogkundige by Mellins i-Style

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.