kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Hoe om die perfekte aangeplante heining te kweek

Hoe om die perfekte aangeplante heining te kweek deur Cornel Dunn. Hooffoto Pixabay.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe begin jy ’n plantheining?

  • Die afstand tussen die plante hang af van die soort plante wat gebruik word en die tyd wat nodig is om die heining te vestig.
  • Wees versigtig om nie te na aan ’n muur te plant nie. Die afstand behoort sowat een meter te wees.
  • Spasieer die plante wyd genoeg uitmekaar. So keer jy dat die plante te wild groei en die wortels verstrengel raak.
  • Gebruik hope vars kompos en beenmeel.
  • Snoei die heining gereeld.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor vetplante

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe onderhou ek ’n heining?

  • Deur die heining gereeld terug te snoei sal daar heeltyd vars groei wees en sal die heinings vinniger ontwikkel.
  • Blomdraende heinings moet ná die blomseisoen teruggesnoei word.
  • Organiese kompos sal die heining goed laat groei.
  • Moenie sagte plante te na aan die winter snoei nie. Die koue sal nuwe lote beskadig.

Lees ook: Laaf jou voete met kruie uit jou tuin

Hoe om die perfekte plantheining te kweek

Na gelang van jou behoeftes is daar sekere plante wat beter werk as ander. Hier is raad.

Lae heinings

Vir lae heinings is die volgende plante ideaal.

  • Cuphea hyssopifolia* (vals heide): Hierdie klein struik het digte blare en klein blommetjies.
  • Lavandula * (laventel): Die meeste laventel is geskik vir heinings, mits dit gereeld gesnoei word.
  • Carrisa macrocarpa* (num-num): ’n Waterwys en vinnig groeiende plant met geurige blomme en eetbare vrugte.
  • Euonymus microphyllus* (bukshout): Die geharde struik kom in verskillende kleure voor.
Vals heide
Laventel
Num-num
Buksblaar

Lees ook: Begin jou eie organiese groentetuin

Medium heinings

Hierdie plante dien as goeie mediumgrootte heinings.

  • Abelias is beskikbaar in ’n wonderlike reeks kleure en groei vinnig. Die plante werk ook vir hoër heinings. Hierdie struik het digte blare en pragtige blou en pers blomme wat kontrasteer met die geel blare.
  • Buxus sempervirens* (bukshout): Die digste heining wat jy ooit sal plant! Dit word baie gebruik in doolhowe.
Abelia
Bukshout

Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën

Hoë heinings

Vir ’n hoë heining werk hierdie plante goed!

  • Viburnum odoratissimum* (sweet viburnum): As jy vinnig privaatheid benodig, is hierdie jou keuse. Die plante groei vinnig en is gehard en immergroen. Boonop het die struik fyn wit blomme.
  • Polygala myrtifolia* (Septemberbos): ’n Pragtige immergroen struik met sagte pers blomme in die somer.
Viburnum
Polygala myrtifolia

Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante

Sekuriteitheinings

  • Dovyalis caffra* (Kei-appel): Dit is ’n ondeurdringbare struik van eie bodem. Dit groei vinnig met venynige dorings. Jy kan konfyt kook van die vruggies.
  • Berberis thunbergii* (suurbessie): Die struik kom in verskillende kleure voor, maar het almal een ding gemeen: dorings! Die ideale heining om ongenooide besoekers buite te hou.
  • Pyracantha hibriede * (vuurdoring): Vuurdorings sal vir jou die mees ondeurdringbare heining gee. Die plant dra helder bessies in die somer.
Kei appel
Suurbessie
Vuurdoring

Lees ook: Hoe om die regte snoeiskêr te kies

Verskaffer:

Hecker Nursery | heckers.co.za

*Foto’s Istock

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

11 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

12 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

14 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

16 hours Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

17 hours Gelede

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.