Hoe om die perfekte aangeplante heining te kweek deur Cornel Dunn. Hooffoto Pixabay.com
Hoe begin jy ’n plantheining?
- Die afstand tussen die plante hang af van die soort plante wat gebruik word en die tyd wat nodig is om die heining te vestig.
- Wees versigtig om nie te na aan ’n muur te plant nie. Die afstand behoort sowat een meter te wees.
- Spasieer die plante wyd genoeg uitmekaar. So keer jy dat die plante te wild groei en die wortels verstrengel raak.
- Gebruik hope vars kompos en beenmeel.
- Snoei die heining gereeld.
Lees ook: Alles wat jy moet weet oor vetplante
Hoe onderhou ek ’n heining?
- Deur die heining gereeld terug te snoei sal daar heeltyd vars groei wees en sal die heinings vinniger ontwikkel.
- Blomdraende heinings moet ná die blomseisoen teruggesnoei word.
- Organiese kompos sal die heining goed laat groei.
- Moenie sagte plante te na aan die winter snoei nie. Die koue sal nuwe lote beskadig.
Lees ook: Laaf jou voete met kruie uit jou tuin
Hoe om die perfekte plantheining te kweek
Na gelang van jou behoeftes is daar sekere plante wat beter werk as ander. Hier is raad.
Lae heinings
Vir lae heinings is die volgende plante ideaal.
- Cuphea hyssopifolia* (vals heide): Hierdie klein struik het digte blare en klein blommetjies.
- Lavandula * (laventel): Die meeste laventel is geskik vir heinings, mits dit gereeld gesnoei word.
- Carrisa macrocarpa* (num-num): ’n Waterwys en vinnig groeiende plant met geurige blomme en eetbare vrugte.
- Euonymus microphyllus* (bukshout): Die geharde struik kom in verskillende kleure voor.
Lees ook: Begin jou eie organiese groentetuin
Medium heinings
Hierdie plante dien as goeie mediumgrootte heinings.
- Abelias is beskikbaar in ’n wonderlike reeks kleure en groei vinnig. Die plante werk ook vir hoër heinings. Hierdie struik het digte blare en pragtige blou en pers blomme wat kontrasteer met die geel blare.
- Buxus sempervirens* (bukshout): Die digste heining wat jy ooit sal plant! Dit word baie gebruik in doolhowe.
Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën
Hoë heinings
Vir ’n hoë heining werk hierdie plante goed!
- Viburnum odoratissimum* (sweet viburnum): As jy vinnig privaatheid benodig, is hierdie jou keuse. Die plante groei vinnig en is gehard en immergroen. Boonop het die struik fyn wit blomme.
- Polygala myrtifolia* (Septemberbos): ’n Pragtige immergroen struik met sagte pers blomme in die somer.
Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante
Sekuriteitheinings
- Dovyalis caffra* (Kei-appel): Dit is ’n ondeurdringbare struik van eie bodem. Dit groei vinnig met venynige dorings. Jy kan konfyt kook van die vruggies.
- Berberis thunbergii* (suurbessie): Die struik kom in verskillende kleure voor, maar het almal een ding gemeen: dorings! Die ideale heining om ongenooide besoekers buite te hou.
- Pyracantha hibriede * (vuurdoring): Vuurdorings sal vir jou die mees ondeurdringbare heining gee. Die plant dra helder bessies in die somer.
Lees ook: Hoe om die regte snoeiskêr te kies
Verskaffer:
Hecker Nursery | heckers.co.za
*Foto’s Istock