kategorieë: Dra dit soMode

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is nou weer nuwe fênsie Franse name vir funksies en geleenthede waarvan jy nog nooit gehoor nie. Ons help jou die gewildstee en soms totaal unieke terme vir kleredag verstaan om in die kol wees vir elke geleentheid.

Ons wys jou hoe om die dragkodes op uitnodigings te verstaan – hier is 10 kleredragreëls wat jy moet ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gemaklik

Gemaksdrag oftewel informele drag is ’n ope uitnodiging om enige iets aan te trek waarin jy gemaklik voel – of dit nou jeans, ’n t-hemp en sneakers is, ’n romp of ’n rok; die keuse is joune. Solank jy net nie in oefenklere of pajamas opdaag nie; of dit heeltemal oordoen met bykomstighede nie, kan jy nie juis verkeerd gaan met hierdie styl nie.

Lees ook: Ja, jy kan goed lyk in ’n swembroek!

Deftig informeel

Met hierdie styl moet jy so ’n bietjie meer moeite doen. In die verlede was jeans nie aanvaarbaar vir hierdie styl nie en jou kenmerkende werksdrag sal eerder as verwysing gebruik word om ’n uitrusting te kies, maar deesdae is jeans met ’n netjiese bloes en hakke meer as aanvaarbaar en eintlik ’n kenmerk van hierdie drag. ’n Rok met ’n somerbaadjie en interessante bykomstighede is ook ’n wenner. Die doel is netjies, maar nie oordoen het.

Lees ook: Hoe om dié baadjie van die somer te dra

Semi-formeel

Semi-formeel, ook bekend as skemerkelkie-drag (cocktail wear), is ’n gewilde voorskrif vir partytjies en troues. Kies ’n prettige, maar tog netjiese partytjierok, so midi-lengte (by die knie) saam met hakke. As jy nie ’n groot aanhanger van rokke is nie, sal ’n netjiese broekpak of oorpak ook kan werk.

Lees ook: Trou-uitrustings onder R500

Formeel (black tie)

Hierdie styl staan ook bekend as die ou Hollywood-glansstyl. Dink aan lang aandrokke in elegante kleure vir vroue en pakke met die tradisionele swart (strik)das as ’n vereiste vir ’n swart formele geleentheid. Met minder as dit gaan jy nie wegkom nie. Hou die res van jou bykomstighede volgens die less is more-reël.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

White Tie

Die formeelste van almal. Dit behels balrokke vir vrouens en ’n swaelstertjas of ’n dubbelborspak (deesdae is enkelknope ook aanvaarbaar). Rond dit af met ’n onderbaadjie en ’n wit strikdas of das vir mans. Tradisioneel het vroue lang handskoene gedra saam met hierdie voorskrif, maar vandag is dit meer opsioneel as noodsaaklik.

Lees ook: Dra jou winteritems in die somer – ons wys jou hoe

Soirée

Soirée, wat “swah-RAY” uitgespreek word, is ‘n Franse woord. Soir beteken “aand” in Frans. Dit is ’n elegante aandgeleentheid met ’n regstreekse orkes/groepmusiek, gewoonlik by iemand se huis. Jeans en t-hemp gaan egter nie deug nie, jy benodig iets meer formeel, soortgelyk aan die semi-formele drag. Jou gasheer sal moontlik vir jou ’n spesifieke klerevoorskrif aanbeveel per uitnodiging.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute laat jou slordig lyk

Somer Soirée

’n Somer Soirée vind plaas in die dag, gewoonlik buite met musiek. Die klere is hoofsaaklik deftig informeel en semi-formeel. ’n Somer maksirok en sandale of bonkige hakke is perfek vir hierdie geleentheid.

Lees ook: 10 wenke vir ’n sweetvrye somer

Whimsical

Whimsical drag is tussen ’n kostuumpartytjie en formeel. Daar word van gaste verwag om met eienaardige uitrustings vorendag te kom. Vroue kan tutu-styl-rompe en -rokke dra of selfs uitrustings van bekende karakters. Mans dra gekleurde dasse, bedrukte hemde of patroonpakke. Die uitdaging hier is om nie goedkoop te lyk nie.

Lees ook: 7 maniere om luuks te lyk met min geld

Fabulous

Oor die algemeen verwag hierdie voorskrif van jou om hoofsaaklik formeel en gewaagd te wees met jou kleur- en stylkeuses. Uitspattige uitrustings soos rokke met blinkers of helder kleure speel hier baas en word in elke uitrusting verwag.

Lees ook: Vyf vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

Gatsby-sjiek

Hierdie styl is nie noodwendig ’n volledige Gatsby-kostuumpartytjie nie, maar behels wel elemente van die bekende Gatsby-era. Dit verwys na formele rokke met ‘n lae middellyf, t-bandskoene en fraiings. Hierdie klerevoorskrif bevat ook baie vintage elemente en is ook bekend as vintage glamour.

Lees ook: 5 moderne maniere om pêrels te dra

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.