kategorieë: Gesondheid

Hoe om die geslag van jou baba te kies

Jy kan die geslag van jou baba kies, maar dit vereis die hulp van ’n fertiliteitspesialis en dat julle die hele bevrugtingsproses in die onromantiese werksgedrewe atmosfeer van ’n tipiese spreekkamer en laboratorium aanpak.
En baie rande daarvoor betaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die tuismetodes is meer romanties. Jy kan kies tussen:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Whelan-metode
Dié metode gebruik jou mukus as riglyn want dit bepaal jou liggaam se ontvanklikheid vir X- en Y-sperme.
As jy ’n seun wil hê: Probeer elke dag vanaf jou laaste dag van menstruasie, dit wil sê terwyl jou mukus geelwit is. Staak seks sodra die mukus begin ligter en deursigtiger raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moenie seks hervat voor minstens vier dae na ovulasie nie.

As jy ’n dogtertjie wil hê: Vermy seks na menstruasie.
Wag daarmee tot jou mukus deursigtig en soos rou eierwit lyk. Probeer nou elke dag tot jy ovuleer, met ander woorde tot die dag dat jou liggaamstemperatuur met ’n halwe graad styg. Hou dan op en moenie weer seks hê tot drie dae na ovulasie en jou vrugbare tyd verby is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Shettles-metode
Dit lyk asof spoed ’n manne-ding is: Y-sperme beweeg oënskynlik vinniger as X-sperme, terwyl X-sperme langer leef. Dié tegniek gebruik die verskil so:
As jy ‘n seun wil hê : Vermy seks van na menstruasie tot die dag van ovulasie, met ander woorde tot jou liggaamstemperatuur met ’n halfgraad styg. Probeer nou elke dag vir die volgende twee dae. So wen die vinnige Y-sperme die resies. Staak dan seks tot minstens vier dae na ovulasie.

Vir ’n dogtertjie: Jy moet die stadige X-sperme kans gee. Probeer elke dag vanaf die einde van menstruasie tot twee tot vier dae voor jy ovuleer. (Met ander woorde hou op sodra jou mukus begin helderder raak.) So kry die stadiger maar sterker X-sperme hul kans om ook in die kraal te kom. Wag nou tot ten minste twee dae na ovulasie, voor julle weer seks het.

Boererate
Vir ’n seuntjie
• Eet meer vleis
• Onttrek vroeg, of moenie diep penetreer nie
• Hou by aandseks

Vir ’n dogtertjie
• Eet meer groente
• Probeer penetrasie so diep as moontlik
• Probeer oggendseks

Werk dit? Wel … . Die twee metodes reken hul sukseskoers is 65-85%, en elke boereraat werk een honderd persent.
Maar dr.Wynand Truter, ginekoloog van Durbanville, Kaapstad, sê dit bly 50-50, “of gesamentlik honderd persent”.
Maar geeneen van die reseppe kan skade doen nie. En wie weet …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

31 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

44 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.