Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van branderige kos nie, maar vir dié mense wat doen, sal hierdie resep ’n wonderlike toevoeging tot jou gunstelingsop, -roerbraai, -noedels, en meer maak!
TikTok-verbruiker @christieathome deel haar resep vir Chinese brandrissie-olie:
@christieathome Easy Homemade Chinese Chili Oil. Visit profile for recipe links 📝 #dinnerrecipe #recipes #easyrecipes #goodfood #foodie #chilioilrecipe #chilioil ♬ Night Drive – Elijah Lee
Bestanddele
375 ml (1½ k) Sichuan-brandrissievlokkies
3 knoffelhuisies, fyngemaak
625 ml (2½ k) avokado-olie of ’n neutrale olie
2 ml (¼ t) Sichuan-peper (poeier)
15 ml (1 e) sout
4 gemmerskyfies
1 klein bruin-ui, in kwarte gesny
4 steranys
2 lourierblare
1 kaneelstokkie
5 naeltjies
Metode
1. Voeg brandrissievlokkies, knoffel, peper en sout in hittebestande bak.
2. Voeg olie in pot op stoofplaat op lae hitte.
3. Voeg 1 ui kwart, gemmer, steranys, kaneel, lourierblare en naeltjies by olie en meng.
4. Laat prut in olie vir 20 minute op lae hitte.
5. Verwyder en gooi kruie weg.
6. Skink warm olie oor brandrissiemengsel in hittebestande bak en roer onmiddellik sodat dit nie brand nie.
7. Laat dit afkoel en hou in ’n fles wat dig kan toemaak. Stoor vir maksimum 2 maande.