kategorieë: VerhoudingsGesondheid

Hoe om beter oor seks te praat

Catriona Boffard, Durex-seksoloog van Johannesburg, sê ’n bietjie strategie breek die ys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Dink vooraf
    Wat wil jy regtig hê? Meer? Romanse? Ander soorte voorspel? Variasies? Fantasie? Seksspeelgoed?
  • Kies jou tyd
    Sê (of WhatsApp, as die eerste woorde swaar kom) vir jou maat jy wil met hom gesels oor seks. Kies ’n net-julle-twee tydjie sonder kinders, TV of selfone. Skink ’n koppie koffie of ’n glasie wyn.
  • Begin by die goeie tye
    Gesels oor tye wat vir julle altwee heerlik romanties en sexy was, sodat jou maat weet jy heg waarde aan jul verhouding.
  • Wees eerlik maar sensitief
    Jul gesprek moenie gaan oor blaam, oordeel, kritiek of tekortkominge nie. Moet hom nooit, ooit met iemand anders vergelyk nie. Dit werk baie beter as jy bloot fokus op wat jy wil hê en waarvan jy minder wil hê.
  • As jy nie hou van wat jy hoor nie
    Moenie dit veroordeel of afmaak nie. Luister met respek, bied alternatiewe aan waarvan jy wel hou, tot julle tot ’n vergelyk kom.
  • Geselsetiket geld
    Gee al jou aandag. Kyk in sy oë. Luister regtig. Gee mekaar kans om te praat, sonder om mekaar in die rede te val. As jy iets nie verstaan nie vra dat hy meer verduidelik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Hoender-en-kekerertjie-kerrie

Genoeg vir 4. Metode   Meng 15 ml (1 e) kerriepoeier en 125 ml (½…

2 hours Gelede

KYK | Dricus du Plessis vier sy verjaarsdag én verlowing!

Foto's: Instagram/Vasti Spiller   Die UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis het Dinsdag ’n ekstra-spesiale verjaardaggeskenk gekry…

4 hours Gelede

Baba op pad vir Demi-Leigh!

Foto's: Instagram/Demi-Leigh Tebow   Demi-Leigh Tebow (voorheen Nel-Peters) en haar man, Tim Tebow, het Dinsdag…

17 hours Gelede

Jy’s g’n vloerlap nie! Hier’s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel

Elkeen het die reg om as ’n waardige en spesiale persoon met respek behandel te…

20 hours Gelede

Lyk fantasties in foto’s

Hier is ons top “lyk goed in foto's"- wenke:   Moenie jou kop na agter…

23 hours Gelede

Versnaperings vir jou en die kleinspan

Ons almal weet hoe maklik dit is om ’n pakkie skyfies of sjokolade nader te…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.