Catriona Boffard, Durex-seksoloog van Johannesburg, sê ’n bietjie strategie breek die ys.
Maak so:
- Dink vooraf
Wat wil jy regtig hê? Meer? Romanse? Ander soorte voorspel? Variasies? Fantasie? Seksspeelgoed? - Kies jou tyd
Sê (of WhatsApp, as die eerste woorde swaar kom) vir jou maat jy wil met hom gesels oor seks. Kies ’n net-julle-twee tydjie sonder kinders, TV of selfone. Skink ’n koppie koffie of ’n glasie wyn. - Begin by die goeie tye
Gesels oor tye wat vir julle altwee heerlik romanties en sexy was, sodat jou maat weet jy heg waarde aan jul verhouding. - Wees eerlik maar sensitief
Jul gesprek moenie gaan oor blaam, oordeel, kritiek of tekortkominge nie. Moet hom nooit, ooit met iemand anders vergelyk nie. Dit werk baie beter as jy bloot fokus op wat jy wil hê en waarvan jy minder wil hê. - As jy nie hou van wat jy hoor nie
Moenie dit veroordeel of afmaak nie. Luister met respek, bied alternatiewe aan waarvan jy wel hou, tot julle tot ’n vergelyk kom. - Geselsetiket geld
Gee al jou aandag. Kyk in sy oë. Luister regtig. Gee mekaar kans om te praat, sonder om mekaar in die rede te val. As jy iets nie verstaan nie vra dat hy meer verduidelik.
Lees ook: Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer