In die lente is daar pragtige bloeisels en heerlike warmer weer om na uit te sien, maar vir baie mense beteken dit allergieë wat rooi, jeukerige, waterige en geswelde oë veroorsaak. Ter ondersteuning van Wêreldsigdag en Oogsorgbewustheidsmaand, én om puik visie vir ’n veiliger leefstyl te bevorder, deel Andre Horn, ’n senior oogkundige en besturende direkteur van Mellins i-Style, interessante en nuttige raad oor oogallergië in die lente.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dierehare, stof -en kosdeeltjies in die lug is algemene boosdoeners wanneer dit by allergieë kom. Stuifmeel is een van die vernaamste elemente wat allergieë in die lente veroorsaak. Stuifmeel is ’n fyn poeier wat deur saadplantjies vrygelaat word en veroorsaak gewoonlik hooikoors (’n toestand met simptome soortgelyk aan verkoue). Dit kan lei tot oogtoestande soos blindvliesontsteking (pienk-oog), die ontsteking van die buitenste wit deel van die oog en die binneste deel van ooglede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
• Maak jou bril gereeld skoon. Probeer van afvee-lappies gebruikmaak wat geskik is vir lense of lenssproei wat vry is van skoonmaakmiddels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Hang nat handdoeke binne jou huis indien stuifmeel hier insluip. Dit kan help om stuifmeel wat in die lug hang, vas te vang.
• Pak huistake aan en stofsuig jou matte, of oorweeg dit om ou matte en tapyte met moderne hout en gelamineerde vloere of teëls te vervang.
Lees ook: ’n Lenteregruk vir jou lewe
Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer
Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…
Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…
Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…
Deur Maretta Bellingan Foto's, hare en grimering: Willem Botha & Willem Botha Beauty …
Hierdie webwerf gebruik koekies.