kategorieë: Jou lewe

Hoe lyk versekering in 2022?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Meer nog, jy het vir so lank van die huis af gewerk dat jy heel moontlik jou voertuigversekering heroorweeg of gekanselleer het. Noudat werknemers weer meer gemaklik is daarmee om personeel in die kantoor te hê gaan jy versekering vir jou motor benodig. As jy wil sien hoe versekering verder in 2022 gaan lyk, hou aan lees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Motorversekering 2022

Versekeraars bied nou baie meer individuele motorversekering aan. In 2022 kan jy verwag om te sien dat voertuigversekering al hoe meer gestruktureer gaan word rondom hoeveel, en selfs hoe goed, jy bestuur. Versekeraars ontwikkel toeps wat jou toelaat om jou kilometers in te lees en dan word jou maandelikse premie daarvolgens aangepas. In Amerika kan jy al afslag kry op motorversekering vir jou tiener wat leer bestuur, as hy of sy haar kant bring en nie jaag nie. En met moderne voertuie wat al hoe meer “slim tegnologie” bevat, word dit makliker om voertuigverbruik te monitor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Jy kan ook verwag dat sommige maandelikse motorversekeringpremies gaan wissel, afhangend van hoe gereeld jy die kar uit die motorhuis trek. Verder raak deursigtigheid ook belangriker. Daarom kan jy versekering vir jou motor met ’n vasgestelde bedrag vir bybetalings kry, sodat jy nie voel asof jou versekeraar jou indoen nie. Dit kan nadelig wees as jy ’n klein skrapie moet laat herstel, maar vir groter skade is dit baie nuttig.

Die dryf na ‘n groener toekoms

Jy sal dit dalk nie glo nie, maar die globale neiging na groen energie en volhoubaarheid gaan ook ’n invloed op versekering in 2022 hê. Hoewel dit nog nie so in Suid-Afrika is nie, trek bestuurders van elektriese motors in Engeland voordeel deur goedkoper te betaal vir hul voertuigversekering as bestuurders wat petrolvoertuie besit. Soos wat die verbruik van elektriese motors toeneem, kan jy verwag dat die motorversekeringpremies op sulke voertuie laer gaan word.

E-motors is nie die enigste manier om groen te leef nie. Die gebruik van sonpanele om ’n gedeelte van jou huis se elektrisiteit op te wek is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika. En versekeraars sien dit raak. Daarom bied al hoe meer versekeraars huisprodukte aan wat jou sonpanele ook dek.

Digitale selfhelp versekering

Die pandemie het aanlyn verkope in Suid-Afrika drasties laat groei. ’n Gevolg daarvan is dat meer mense gemaklik op die bank wil sit en transaksies beklink. Dit geld ook vir versekering. Jy kan dus verwag om met die gebruik van ’n toep al jou versekeringsake te kan bedryf. Daar is reeds versekeraars wat motorversekering 100% aanlyn doen; van kwotasies kry tot eise in sit, dit word alles via ’n toep of per e-pos gedoen.

Verseker met Virseker

Of jy op soek is na motorversekering, huisversekering of sakeversekering, Virseker het fantastiese produkte net vir jou. Kontak ons gerus en laat ons jou help om voorbereid te wees vir al die uitdagings wat die jaar van 2022 vir jou mag inhou.

Bronne:

https://www.iol.co.za/personal-finance/insurance/4-trends-changing-car-insurance-in-2022-and-beyond-36069890-03b9-4053-b7b6-1a90fab505c8

https://heycar.co.uk/blog/electric-cars-cost-less-to-insure-than-petrols-and-diesels

https://www.hippo.com/learn-center/solar-panel-insurance

https://www.oldmutual.co.za/news/old-mutual-insure-builds-a-bot-called-ubi/

https://www.forbes.com/advisor/car-insurance/car-insurance-tips/

https://insuranceblog.accenture.com/5-predictions-insurance-industry-2022

https://www2.deloitte.com/us/en/insights/industry/financial-services/financial-services-industry-outlooks/insurance-industry-outlook.html

https://www.ey.com/en_gl/insurance/2022-global-insurance-outlook-growing-with-people-purpose-and-tech

https://think.ing.com/articles/insurance-sector-outlook-2022-whats-next

https://www.forbes.com/advisor/life-insurance/2022-life-insurance-outlook/

Deel
Gepubliseer deur
Nelson Kalula

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.