Hoe lank moet jy vas voor die voordele inskop?

Hoe lank moet jy vas voor die voordele inskop? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 7 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

Vyfde week, Vrydag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe lank moet jy vas om ontslae te raak van oortollige glukose?

Ek is nou gemaklik in die gewoonte om eers baie laat ontbyt te eet – of dit eintlik oor te slaan. Ek was inderdaad by ‘n perskonferensie waar ons tienuur die oggend southappies bedien is. Dit was glad nie lekker om so “vroeg” te eet nie.  Ek het die hele dag “verkeerd” gevoel. (Hmmm … ek gee glads te maklik toe as enige prikkel om te eet in ‘n sosiale situasie homself aanbied. Niemand het verwag dat ek moet eet nie; die bord is aangebied maar ek kon ook maar net nee dankie gesê het…)

Daarom beskou ek myself nou as geheel en al aangepas op die 16/8 vas. Ek is deur allerlei sosiale geleenthede waar ek agtien en selfs twintig uur gevas het, weens afsprake wat dit onmoontlik gemaak het om vroeër te eet.

Vas as ‘n lewenstyl is volhoubaar – vir my in elk geval.

Ek is bly dit werk vir my, omdat dit die soort voordele inhou wat ek vir my gesondheid nodig het. Ek eet nie altyd min genoeg nie. Daarvoor is ek heeltemal te lief vir stysel. Gelukkig spreek die vasdieet juis dit aan.

Maar kan mens te kort vas? Of te lank vas?

Hoekom ons bloedsuikervlak hoog bly

Die probleem, sê die ondersteuners van die vastende leefstyl, begin by ons tipiese eetpatroon: ons minstens elke ses uur te eet, en selfs elke drie uur … of uurliks, as jy ‘n knibbelaar is. So bly jy die glukosevlak in jou bloed opdruk. As jy boonop onaktief is leef jy met ‘n chronies hoë bloedsuikervlak.

Die navorsingsgemeenskap wat vasting voorstaan is van mening dat oortollige glukose nie net die rede vir ekstra kilogramme is nie maar ook instrumenteel is in die ontwikkeling van inflammasie, hoër cholesterolvlakke, hoër trigliseriede (vette – en dus van hartsiektes), verlies van sensitiwiteit vir insulien (wat op ‘n groot kans op diabetes dui) en ook hoër bloeddruk. Party wil dit selfs aan demensie en kanker koppel maar daarvoor is die bewyse nog taamlik dun.

As jy gesond wil oud word is dit volgens hulle belangrik om so te leef dat jou bloedsuikervlakke net-net voldoende is dat jy genoeg energie het. Jy weet jy kry dit reg as jy nie gewig optel nie.

Die feit is dat sowat 50% van ons oorgewig is.

Dit is juis waarom die vasdieet deesdae so hoog aangeslaan word: dit is ‘n taktiek wat alle oortollige glukose in jou bloedstroom en alle ekstra glikogeen in jou lewer en spiere opslurp. Die vasdieet onderbreek hierdie konstant hoë glukosevlak.

As elke bietjie kos gee jou glukosevlakke nog ‘n hupstoot gee, hoe lank moet jy vas om die reeds beskikbare glukose op te gebruik en uit te kom by daardie punt waar vas jou begin baat?

Hoeveel ure voor jou vas jou bloedsuiker behoorlik laat sak?

Die kenners reken jou liggaam neem sowat 12-18 uur om al die ongebruikte glukose en glikogeen (van jou vorige dag se kos) te verbrand. Alles hang af van hoe aktief jy is, hoe koud dit is, of jy begin vas in die oggend en dus aktief is terwyl jy vas, teenoor vas deur die nag, wanneer jy slaap en min energie gebruik.

Daarom is die algemene denke dat die voordele inskop as jy minstens 18 uur vas. Maar daar is mense wat twaalf uur vas en voel dit baat hulle. En wat as jy studeer of aan sport deel neem? Dan is ‘n vas van twaalf uur sekerlik meer as voldoende?

Dit lyk asof dit nie soveel saak maak hoe gereeld jy vas nie. Selfs die Mormoonse maandelikse vas lewer goeie resultate. Ons weet nog nie of dit beter is as die 18/6 of die 2/5 vas nie.

Oor na jou

Hoeveel ure vas jy tipies?  As jy jou cholesterol laat meet het voor jy begin vas het, het dit gedaal? Ek sal graag wil weet, om ‘n idee te kry hoe dit ander mense soos jy dit ervaar.

Groete!  Salomé

Lees ook

Nota

As jy ‘n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

12 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

12 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

12 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

13 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

13 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.