Hoe jy wit lig reg gebruik om winterdepressie te behandel deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Al maak party mense winterdepressie as ’n ’ligte’ ou probleempie af, is dit nie. Dit kan ’n onverwags groot tol eis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dink so daaroor: Die tipiese simptome van winterdepressie is onttrekking, ’n onvermoë om produktief te werk en besluiteloosheid. Gestel jy word elke jaar in die winter by die werk geëvalueer vir bevordering. Maar elke winter gaan dit beroerd met jou, ten spyte van jou super somerrekord? Dink hoe skadelik dit vir jou loopbaan is. Dieselfde geld jou verhoudings en vriendskappe, as jy elke jaar vir twee, drie maande jou sosiale vermoëns ‘verloor’.
Lees ook: Toets jouself vir winterdepressie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ja, jy voel vándag vaal – maar het jy werklik winterdepressie? Toets jouself vir al die algemene simptome van winterdepressie. Wat nou, as jy positief toets, soos jy vermoed het? Moet jy maar droom van die lente en jou troos dat die winter net twaalf weke lank is?
Glad nie! Jy hoef nie ’n kwart van jou jaar weg te gooi nie. Maak liewer ’n plan. Ons het die beskikbare navorsing gaan deurkyk. Hier is beste behandeling vir winterdepressie.
Wenk Dink voorkomend. Die idee is om in Mei met jou behandeling vir winterdepressie te begin – vóór winterdepressie begin ontwikkel. Hou aan tot einde Augustus, sodat jy die hele winter beskerm is.
In ’n 2019 oorsigartikel (lees dit hier) skryf drs Julia Maruani en Pierre Geoffroy van die Universiteit van Parys dat witlig die maklikste, goedkoopste en doeltreffendste van al die terapieë is. Hier is hul presiese aanbevelings is een van die volgende drie regimes:
Lux?
Die dae van watts en volts is verby. Gloeilampe dui nou aan hul lumens gemeet. Daar is ’n direkte verband tussen lumens en lux: lumens dui op lighelderheid dui, terwyl lux ligintensiteit meet. Hoe verder van die ligbron (wat lumens verskaf) hoe swakker die lux. Dus: as jy verder van die bron sit, bly die lumens dieselfde maar die lux neem af, in ooreenstemming met jou afstand van die lig. Die aanbeveling van 10 000 lux beteken prakties maar net dat jy as jy binne een meter van ’n lig van 10 000 lumens sit, is jy blootgestel aan 10 000 lux.
Waar kry jy ’n sterk genoeg wit lig vir behandeling vir winterdepressie?
Sulke sterk gloeilampe is nie by die algemene winkels beskikbaar nie. Jy moet vir jou ’n ligkas koop wat 10 000 lumens verskaf. Daar is tog ’n alternatief: vra by jou hardewarewinkel vir ’n witlig gloeilamp wat die heelmeeste lumens moontlik verskaf. Gloeilampe van 2500 lumens is geredelik beskikbaar. Jy sal moet sorg dat jy dan rondom twee uur per dag binne 60-70cm van jou witlig gloeilampbron deurbring.
Die sonskynvitamien lig sowaar ook ons gemoed. Vit D help reguleer die vlakke van jou melatonien (jou slaaphormoon) en serotonien (jou goedvoel hormoon), en daarom moet dit – ten minste teoreties – vir winterdepressie / SAD help.
Ongelukkig net in teorie. Ondersoeke na die doeltreffendheid daarvan gee sover wisselvallige resultate. Dit lyk asof dit wel vir party van ons help maar nie vir almal nie.
Maar toets en kyk of dit vir jou werk. Jy is dalk een van die gelukkiges.
Dit is selde nodig om vir winterdepressie so ver te gaan. Maar hier en daar het iemand dit tog nodig, en dan werk dit baie doeltreffend.
Lees ook: Depressie, anti-depressante en jou sekslewe
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.