kategorieë: Gesondheid

Hoe jou hormone jou beïnvloed

Party dae sit die huil naby; ander dae kom besluite, lag en flirt maklik; en dan is daar die dae dat ons doodgewoon befoeterd is. Dit is juis hierdie verskynsel wat Gabrielle Lichterman die boek, 28 Days, laat skryf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ’n feit dat jou hormone van jou emosies tot jou konsentrasie en jou fisieke vermoëns beïnvloed. Gabrielle glo dat jy die beste van jou natuurlike potensiaal sal maak as jy jou lewe met jou hormoonprofiel koördineer. Jy kapitaliseer op jou hormone se piektyd wanneer dit jou energiek, intelligenter, meer sosiaal en op jou beste maak, en pak dan daardie uitdagende projek aan wanneer alles in jou guns tel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy weet wanneer lae dae en tye vol buie voorlê, kan jy jou beter instel en voorberei, eerder as om ’n slagoffer van jou hormone te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe werk dit?

Ons 28-dae siklus word deur die styg en val van ons drie geslagshormone – estrogeen, progesteroon en testosteroon, gedryf. Saam het hierdie drie ’n baie sterk invloed op jou gemoed, energievlak, breinkrag, liefdeslewe, jou meelewing met ander en selfs op hoe jy geld spandeer, beplan en bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir verreweg die meeste van ons volg ons hormone maand vir maand presies dieselfde siklus – en beïnvloed dit ons ooreenstemmend op dieselfde manier. Daarom kan ons met redelike akkuraatheid ons hormone gebruik om te voorspel wat vir ons gaan werk binne die volgende paar dae, weke of selfs maande. Jy kan selfs, as jou siklus baie gereeld is, uitwerk hoe jy teen 10 Augustus 2016 gaan voel …

Gewapen met dié kennis is dit mos maklik om uit te werk hoe jy sal voel oor romanse, wanneer jy by die werk gaan skitter omdat jou kop lekker helder is, wanneer jy roekeloos gaan spandeer en wanneer jy net in jou eie dop sal wil bly.

Kan jy dit regtig gebruik?

Al kan ons hormone ons gedrag beïnvloed – mens sou selfs kon sê, bepaal – is dit nie so eenvoudig nie. Party van ons is meer sensitief as ander vir die uitwerking van byvoorbeeld progesteroon. Party van ons ervaar ’n baie hoër testosteroonpiek as ander; hoe ouer ons raak hoe laer raak ons estrogeen en progesteroon en ooreenstemmend hul uitwerking op ons gemoed. En dan maak jou leefstyl ’n groot verskil: te min slaap kan jou in jou derde week sink, terwyl jy met ’n bietjie ekstra slaap gemaklik deur jou week kom.

Lees jou hormone eerder as jou persoonlike agtergrondstorie vir die dag: dit is deel van jou; dit beïnvloed jou maar dit definieer jou nie.

Lus om dit te probeer?

Toets dit gerus vir ten minste een maand en laat weet ons hoe dit met jou gegaan het! Klik hier vir jou eie hormonoskoop.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: hormone

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

3 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

5 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.