kategorieë: OuerskapJou lewe

‘Een keer om die son’: Hoe help jy ’n kind wat ’n ouer verloor het?

’n Deurlopende tema in Een keer om die son, die dramareeks wat ’n kyker beskryf as “’n storie wat elke knoppie in my emosie-boksie druk,”  is die dood van Lani van Wyk. Haar en haar man, Ruan, se drie kinders sukkel elkeen op hulle eie manier om hierdie trauma te verwerk en klein Sophia glo vir ‘n lang ruk dat haar ma gaan weer terugkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie is ongelukkig ook die realiteit vir baie ander kinders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat sê die kenners oor hoe jy ’n kind kan help om die verlies van ’n ouer te verwerk?

  • Een kind se manier van rou is anders as ’n ander kind s’n. Sommige kinders sal kwaad, huilerig en hartseer wees, maar die volgende oomblik gaan speel. Die verandering in hulle bui is normaal en hulle manier om die trauma te hanteer.
  • Moedig die kind aan om oor hulle emosies te praat. As hulle sukkel om te praat, gebruik ander maniere soos om deur foto’s te kyk, stories te vertel of herinneringe te teken.
  • Kinders van verskillende ouderdomme hanteer die dood van ’n ouer anders. Vir baie jong kinders is die konsep van die dood nog onverstaanbaar, maar ouer kinders sal besef dat hulle ouer nooit weer gaan terugkom nie. Wees egter altyd eerlik, maak nie saak hoe oud hulle is nie. Moet ook nie ander woorde – soos die persoon het gaan slaap – gebruik om die dood te beskryf nie. Gebruik altyd woorde wat die kind van daardie ouderdom sal verstaan.
  • Begrafnisse en roudienste kan traumaties vir kinders wees en hulle moet nie gedwing word om dit by te woon nie. As hulle dit graag wil bywoon, maak seker hulle weet wat om te verwag, soos dat daar mense is wat gaan huil en dat daar moontlik ’n doodskis gaan wees. Dink dalk daaraan om ballonne los te laat, ’n boom te plant of stories te vertel.
  • Gee jou kind, veral ouer kinders, die geleentheid om deel van die roudiens te wees. Dalk wil hulle ’n gedig voorlees of ’n herinnering deel of blomme uitdeel aan die persone wat dit bywoon.
  • Moenie jou eie rouproses ignoreer nie. Die ouer wat agterbly is soms meer gefokus op die kinders se rou en gun hulself nie die tyd om ook te rou nie. Wys jou emosies sodat hulle kan sien dat dit aanvaarbaar is om hartseer te wees.
  • Probeer by ’n roetine bly. Dit is nie net goed vir die kinders nie, maar ook vir die ouer/versorger wat agterbly. Verduidelik ook aan die kind wat die roetine behels,  soos as iemand anders hulle dalk by die skool gaan optel.
  • Gee die kind tyd om deur hulle eie rouproses te gaan. Dit mag dalk nie dieselfde as jou eie of hulle broers of susters s’n wees nie en aanvaarding sal mettertyd kom.
  • Hou die kinders dop vir enige gevaarligte soos depressie of aggressie. Terapie of selfs net met ’n vertroueling soos ’n onderwyseres of gunsteling-familielid gesels, kan die kind help om hierdie emosies te hanteer.

Vanaand op Een keer om die son vat Ruan dit te ver as hy ‘n pasiënt se man van haar dood beskuldig. Leandri en Ruan stamp kop as hy haar met skoolwerk probeer help. Sebastian hou ‘n afskeidspartjie vir Elma voor sy Peru toe vertrek en Joshua hoop om Amé se hart terug te wen as hulle hul troubeloftes probeer hernu…

Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.

Bronne: https://childmind.org; https://kidshealth.org

Lees ook: Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

9 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

9 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

1 day Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

1 day Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.