Dit is binnekort weer tyd om al jou kaste en laaie skoon te maak. Moenie items wat nog bruikbaar is, weggooi nie – gee dit eerder ’n tweede lewe deur forgood.co.za, ’n aanlynplatform wat mense met geakkrediteerde sake skakel.
Forgood skakel individue of groepe direk met nie-winsgewende organisasies regoor die land. Die webblad is maklik om te gebruik steun meer as 500 geakkrediteerde welsynsake. Skenkings kan gereël word deur slegs een muisklik – of deur ’n bestaande versoek of deur ’n aanbod op die bladsy te laai.
Hier is ’n paar items wat deur forgood benodig word:
- TV-stelle
- Mikrogolfoonde
- Skootrekenaars
- Drukkers
- Kombuiswasbakke
- Kantoormeubels
- Badkamerware
- Stowe
- Nie-bederfbare kosse
- Sakrekenaars
- Meetkundestelle
- Handboeke
- Skryfbehoeftes
- Kinderklere
- Speelgoed
- Kindermeubels
- Fietse
- Boumateriaal
- Groentesaad
- Grassnyers
Maak huis skoon en skenk die items wat jy nie meer benodig nie hier: forgood.co.za/needs/donate
Meer inligting oor forgood
Webblad | forgood.co.za
Facebook | facebook.com/forgoodSA
Twitter | @forgoodsa
Instagram | @forgoodsa