Wenke vir aandete
• Kook die ketel net voor die krag afgaan. Gebruik dan dié kookwater om kitspasta, soos 2 Min Noodles, gaar te maak. Sny ham of worsies op en voeg dit daarby. Rasper kaas oor en geniet!
• Kry die hele gesin om te help “jaffles” maak!
• Kook water op die braai of gasstoof. Breek twee eiers in ’n Ziploc-sakkie en voeg bestanddele soos opgekapte tamatie en uie, soetrissie, kaas en sout by. Seël die sakkie en plaas dit in die kookwater vir ongeveer 13 minute en siedaar! ’n Omelet vir een.
• Probeer ons 5 gunsteling beurtkragresepte. Klik hier
Spandeer tyd saam met jou gesin
• Steek ’n paar kerse aan en vertel stories vir mekaar.
• Maak spanne en speel bordspeletjies soos Monopoly of Cluedo.
• Koop vuurwerke en verras jou buurt met ’n pragtige lugskou.
• Haal die foto-albums uit en deel herinneringe uit die verlede.
• Maak kaartjies vir Oupa en Ouma.