Hoe gaan dit met jou? Episode 1: Hoe gaan dit met Erns Grundling deur Ilse Salzwedel
In hierdie spesiale minireeks, geskep vir die inperkingstydperk gedurende die Covid-19 pandemie, gesels Ilse Salzwedel met mense oor hoe hulle die isolasie ervaar, en wat hulle doen om hulself en hul families besig en gelukkig te hou by die huis. Skakel elke Woensdag en Vrydag in.
E-pos [email protected] vir meer inligting.
Hoe gaan dit met Erns Grundling
Erns Grundling, bekende reisjoernalis en skrywer van onder andere Elders en Sushi en Shosholoza, gesels in ons eerste episode met ons oor hoe hy die uitdagings (en onverwagse lekkertes) van lockdown hanteer.
Erns het onder andere sy eie Parkrun gehardloop in sy oprit en vertel hoe oefening (en skottelgoed was!) hom help om negatiewe gedagtes hok te slaan.
En as jy gedink het jy is al een wat gedurig wil peusel, jy is nie – Erns sukkel ook daarmee, en as hy net daardie boks paaseiers wat Catharien wegsteek, in die hande kan kry…
En hoe sien hy die wêreld post-inperking?
Kom luister saam na hierdie inspirerende gesprek!