Om aan te sluit by die artikel “Kry jou lyf lief” in ons Julie 2017-uitgawe, vertel ’n inspirerende vrou hoe sy haar lyf liefgekry het.
My naam is Elizabeth Coetzee (40), mamma van twee en vrou vir Sean.
So lank ek kan onthou, het ek gevoel ek moet nóg maerder wees en meer oefen – dan sou ek mooier lyk en gelukkig wees. Bygesê, ek was nié vet of groot gebou nie. Ek onthou duidelik hoe ek (skaars 7 jaar oud) vir my ’n “oefenprogram” uitgeskryf het, kompleet met soveel pushups, ensovoorts.
Ek het selfversekerd voorgekom, maar ek was ver daarvan. Ek het net geleer om my eie insecurities goed weg te steek. Op hoërskool het ek aerobics-klasse by ’n gimnasium aangebied. Hier het my liefde vir hoe oefening jou kan laat lyk, begin. En hier het my eetsteurnisse begin: bulimie en later binge eating disorder. Eersgenoemde het nie lank aangehou nie … ek kon dit regkry om op my eie te stop, maar dit was nie maklik nie. My kennis omtrent wat om te eet en hoe om met gewigte te oefen het toegeneem, en dit het all or nothing by my geraak, wat gelei het tot ’n dieetmentaliteit voor ander en skelm eet in die nag.
Fast forward ’n paar jaar waarin ek op 20 getroud is, twee kids gehad het (baie jonk), geswot het, ensovoorts – met die dieetmentaliteit wat nooit weggegaan het nie. Ek kon my verkyk aan lean fiksheidsmodelle en het gedink dís hoe ek moes lyk. As ek net só kon lyk, sou ek gelukkig wees. Watter groot leuen waarmee die vyand ons elke keer pootjie!
Ek het altyd goed versorg probeer lyk en gehoop dit maak op vir my exterior wat volgens my nie goed genoeg was nie. Ongeveer ses jaar gelede het ek besluit om ’n boudoir shoot te laat doen vir my man. Van die foto’s het beautiful uitgekom en ek kon vir die eerste keer met semi-tevredenheid smile as ek na ’n foto van myself kyk. Dit het iets in my wakker gemaak, iets van die selfworth waarna ek gesoek het. Dit was die spark wat gelei het tot waar ek vandag is.
In Augustus 2013 het ek met mening peace begin soek met kos, asook met myself. Ek kon nie verder met die shame leef van mooi eet voor almal maar in die nag alles verorber en dit probeer wegsteek nie. Ek het selfondersoek ingestel, gebid en staat gemaak op God soos nog nooit tevore nie. Ek moes my brein leer om anders te dink en my oë om anders te sien as ek in die spieël na myself kyk. Ek moes leer dat ek oefening moet gebruik omdat ek dit actually love en dit my goed laat voel, nié net om my liggaam te verander nie. Dis ook waar my facebook-blad Moving Temples begin het: our bodies are His temples and we need to move them.
Ek het myself geleer om in plaas daarvan om iets negatiefs in die spieël te sien en daarop te fokus, eerder iets waarvan ek wel van myself hou, hardop te sê. Dis die raad wat ek gewoonlik vir vroue gee. Dit het my ongeveer twee jaar geneem om verlos te word van my distorted ideas omtrent kos en myself. Ek kan nou na myself kyk en love wat ek sien – I am wonderfully and fearfully made. Nee, ek is nie lean and ripped nie, maar ek is liggaamlik, emosioneel en geestelik stérk. Natuurlik doen maskara en rooi lippe ook wondere, ha ha!
Ek glo ek en elke vrou daar buite hoef geensins terug te staan vir topclass Vogue-modelle nie. Gee ons net die beligting, hare, makeup ensovoorts, en ons lyk net so! Society is to blame for who we think we are.
As ek ’n vrou wat dalk met lae selfbeeld, gewig, ensovoorts sukkel probeer help, is die eerste ding wat ek doen of aanbied ’n makeup– en haarsessie. (Ek hou daarvan om dit te doen, maar is geen professional nie). Want om die glinster in haar oë te sien as sy haarself sien, is awesome. Ek glo dit wat die ogies kan sien, help die hart om te voel en te glo.
So as sy sien sy lyk mooi, voel sy mooi, en dit is die begin van die vonk wat hoop aan die brand kan steek.