kategorieë: Gesondheid

Hittegolf: kan jy te veel water drink?

Vraag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek wil asseblief weet of ’n mens te veel water kan drink. Kan dit veroorsaak dat jy te min minerale het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Salomé antwoord

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy kan. Maar as jy hou by die riglyn om soveel water te drink as wat nodig is om jou dors deeglik te les, en as jy gesond is, sal jy nie sommer te veel water drink nie. Die “regte” hoeveelheid verskil van mens tot mens en hang af van wat jy doen. As jy op ’n warm somersdag tennis speel, is ses liter water heeltemal normaal. Jy verloor met sweet hoofsaaklik natrium (sout) en kalium, saam met ’n bitter klein bietjie kalsium en magnesium.

’n Piesang, glas melk of jogurt stel dit gou reg. Jy sweet nie regtig yster of sink uit nie. Maar iemand wat op ’n koel dag op kantoor sit en dors genoeg is om ses liter water te drink, het moontlik diabetes. Hulle kan in die proses veral natrium, maar ook magnesium en kalsium verloor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baie mense drink opsetlik baie water as ’n eetlusdemper om versadig te voel. Sal jy dan jou minerale verloor? Waarskynlik nie. Jou liggaam is baie slim om te behou wat hy nodig het, tensy jy siek is, soos in die geval van diabete. Die meeste mense drink te min water. Die tekens daarvan is: ’n effens droë mond en lippe, kramperigheid, hoofpyn en diepgeel urine. Drink in die geval ’n bietjie meer, want water spoel afvalstowwe uit; hou jou spysvertering aan die gang; keer blaasinfeksies; hou jou vel soepel; help jou konsentreer en keer krampe, hoofpyne en nierstene.

*Kry die resep vir Wonderwater (foto) hier.

Lees ook: 22 Slaapprobleme, 22 oplossings.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.