kategorieë: ReisOntspanning

“Hit the road”-boekresensie: ervaar die beste wat Suid-Afrika bied

Deur Mariette Snyman. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Hit the Road: Explore South Africa’s Best Routes het die skrywer, Sean Fraser, geen moeite ontsien om ’n opwindende, gebruikersvriendelike gids saam te stel nie. Deurwinterde leunstoelreisigers mag dalk net agterkom dat hulle voete begin jeuk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die boek fokus op sewentien hoof-toeristeroetes

Elkeen bied die volgende:

  • Die top 5, 6 of 7 besienswaardighede, van wynlandgoedere, erfenisterreine, museums en kunsgalerye tot private wildreservate en nasionale parke
  • ’n Groot verskeidenheid kleiner aanloklikhede op die pad
  • Duidelike kaarte
  • Aanbevole tydraamwerke
  • ’n Omvattende lys van kontakinligting
  • Fassinerende feite
  • Pragtige foto’s.

Daar is ook ’n “Quickfinder”, ’n alfabetiese blitsgids, wat jou toelaat om besienswaardighede af te merk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die 17 roetes

Hier is ’n brokkie van die tipe inligting wat jy by elk van die roetes sal kry.

1. Kaapstad en die skiereiland

By Kalkbaai se hawe kan jy waarskynlik van die varsste vis in die Kaap eet.

2. Die weskus

By die Geelbek Omgewings- en Opvoedkundige Sentrum in die Weskus Nasionale Park is die afdrukke van ’n vrou se voete in ’n rotsplaat wat eens seesand was, te sien. “Eve’s footprint” is 117 000 jaar oud! Wat jy hier sien, is ’n replika – die oorspronklike afdruk word by die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum in Kaapstad bewaar.

Bettiesbaai was eers ’n walvisstasie

3. Wes-Kaapse wynlande

Die Olifantsriviervallei, bekend vir sy lenteblomme en sitrus, is waarskynlik die mees onderskatte van die Kaapse wynlande. Dis klaarblyklik die hoogliggendste wynstreek in die wêreld, en strek al die pad van die riviervallei tot by die Sederberge en Namakwaland.

4. Die Overberg

Bettiesbaai was eers ’n walvisstasie, en het teen omstreeks 1930 vakansiegangers begin lok.

5. Die Tuinroete

By Mosselbaai staan die bekende Poskantoorboom, ’n reusagtige ou melkhoutboom waar matrose vroeër briewe gelaat het sodat die volgende skip wat huis toe vaar dit kon oppik.

6. Die Wildekus en Oos-Kaap

Grahamstad staan bekend as die Stad van Heiliges (City of Saints) omdat daar meer as 60 kerke is.

7. Die Karoo en Kleinkaroo

Klaarstroom, by die ingang tot Meiringspoort, is ’n klein dorpie met ’n groot getal erfenisterreine. Maar die ware aantrekkingskrag is die witblitsdistilleerdery op die plaas Vrolikheid!

Sean Fraser

8. Johannesburg

In die Melvillekoppies Natuurreservaat kan jy sien hoe die “randjies” aan die Rand moes gelyk het voordat baie van hulle in die goudstormloop vernietig is. Hier is ook oorblyfsels uit die Steentydperk asook die Ystertydperk gevind: krale, ’n smeltkroes en die ruïnes van ’n antieke kraal.

9. Gauteng en omgewing

Tswaing – die krater wat sowat 220 000 jaar gelede deur ’n meteoriet op die aardkors gelaat is – is al eeue lank ’n spilpunt van menslike aktiwiteit, onder meer van soutmyn- en soda-asbedrywighede. Deesdae is dit ’n lewendige ekotoerisme-sentrum. Die krater is ongeveer 1.5 km in deursnee en lok meer as 240 voëlspesies.

10. Limpopo, Waterberg en Groot-Marico

Limpopo, tradisioneel die tuiste van die Venda, is ryk aan mites en legendes. Baie mense koppel byvoorbeeld die ou-ou Fundudzi-meer in die Mutale-rivier aan die langverlore “riviermense”, voorvadergeeste, en die god van oorvloed en vrugbaarheid. Die legende lui dat jy liewer nie direk na die water van die rivier moet staar nie – kyk eerder tussen jou bene deur!

11. Mpumalanga se Panoramaroete

Die Magoebaskloof Canopy Tours gee jou die kans om 2.5 ure lank hoog bo die boomtoppe, rivier en kranse te gly, begelei deur goed ingeligte gidse.

12. Krugerwildtuin

As jy by die Punda Maria-kamp bly, kan jy ’n begeleide toer van die Laat Ystertydperkterrein, Thulamela (ongeveer 500 voor Christus), meemaak.

Party van die bome is meer as 10 m in omtrek en die geel bas lyk snags of dit gloei

13. Durban en omgewing

Weet jy waar die Umhlanga-riviermond sy naam kry? “Umhlanga” is die Zoeloewoord vir “riete”. Die riete groei nie om die meer nie, maar spoel hier uit nadat hulle in die rivier afspiraal het.

14. Drakensberg

Die afgeleë “Lost Valley” of Verlore Vallei lê in die noordelike deel van die Drakensberge. Volgens oorlewering het afstammelinge van die Voortrekker Piet Retief dekades lank hier gebly, afgesny van die res van die wêreld. Die Verlore Vallei se amptelike naam is die Middledale-vallei, en sluit die klein dorpie Geluksvlei in. Vandag is die vallei privaatgrond en jy het toestemming nodig om dit te besoek.

15. KwaZulu-Natalse Middellande

Die slag van Spioenkop word as een van die bloedigste gevegte van die Anglo-Boereoorlog beskou. Die oorwinnaars, die Boere, het 68 man verloor, en die Britte 243. Dis ook die slag waarby twee latere ikone betrokke was: ’n jong joernalis, Winston Churchill, en ’n  draagbaardraer met die naam van Mohandas Gandhi.

16. Kwa-Zulu-Natalse Bewaringsgebiede

Die Mkuze Fig Forest, ’n baie ou woud van inheemse Asiatiese wildevye, is enig in sy soort in Afrika. Van die bome is meer as 10m in omtrek en die geel bas lyk snags of dit gloei. Die bome, wat jaarlank vrug dra, lok ’n groot aantal voëlsoorte aan sowel as apies, bobbejane en vlermuise.

17. Vrystaat en die sentrale streek

In die jare sedert die Viktoriaanse era het talle dramatiese verhale van leed, gierigheid, liefde en wraak hulle in Kimberley en die diamantvelde afgespeel. G’n wonder die stad is bekend vir spoke uit die Anglo-Boereoorlog en daarna nie. Dis waar die stad se befaamde spooktoere in die prentjie kom …

Oor die skrywer

Sean Fraser woon in Kaapstad. As redakteur en skrywer was hy onder meer besturende redakteur van die Globetrotter Travel Series. Sedert 1996 is hy ’n vryskutskrywer wat fokus op die mense en plekke van suidelike Afrika. Onder sy werk tel Seven Days in Cape Town en National Geographic’s African Adventure Atlas.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

14 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

16 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.