kategorieë: WenkeMode

Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk

Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Jou klere is gekreukel

Gekreukelde klere lyk slordig, maar dis tydrowend om te stryk en met vol dae is dit ’n taak wat dikwels agterweë bly.

  • Maak smiddae of saans tyd om jou klere vir die volgende paar dae te stryk, soos wanneer jy jou sepie kyk, of na ’n oudioboek luister.
  • Dit is goed om vooraf ’n dag in die week uit te sit vir stryk sodat dit deel van jou roetine word.

#rrWenk: Ons beveel aan dat jy dalk in ’n draagbare steamer belê sodat jy vinnig met ongewenste kreukels kan klaarspeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Lyk ryk: 7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel te betaal

2. Jy dra te veel bykomstighede

Bykomstighede is noodsaaklik vir jou voorkoms – ’n enkele halssnoer kan ’n sterk stelling maak, of ’n serp kan jou hele uitrusting saamvat.

Gepaste bykomstighede werk vir enige geleentheid. Maar dit werk nie wanneer jy met té veel bykomstighede ’n eenvoudige uitrusting probeer opkikker nie.

#rrWenk: Dit is altyd beter om op ’n minimalistiese styl staat te maak.

Lees ook: Steel haar styl: Margot Robbie

3. Klere wat nie meer wit is nie, is uit

Een van die maklikste maniere om ’n slegte indruk te skep, is om ’n hemp te dra wat in ’n vorige lewe wit was.

Dit is onvermydelik dat selfs die witste wit  begin verkleur, en sodra dit gebeur, is dit tyd om hulle te laat gaan.

#rrWenk: Jy kan wel die lewe van jou wit klere verleng deur hulle slegs saam met ander wit items te was. Selfs ligte kleure, soos liggrys, sal die kleur verander.

4. Moenie jou moue verkeerd oprol nie

Opgerolde moue is modieus en kan netjies lyk, mits jy die tyd afstaan om ’n dubbelrol te doen.

Dié tegniek behels twee eenvoudige voue: eers die polssoom (ongeveer 8 cm) en dan nog ’n rol bo-oor. Dit laat die mou netjies en presies lyk.

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat enige uitrusting afrond

5. Jy dra klere wat te groot is

Ons maak dikwels die fout deur groter klere te dra om jou lyf weg te steek.

Maak nie saak watter grootte jy is nie, dit is belangrik dat jou liggaam nie in jou klere verdrink nie.

#rrWenk: Dra ’n gordel by ’n rok wat te los is, of steek ’n gedeelte van jou hemp by jou broek in om steeds jou liggaamsvorm te behou.

Lees ook: 10 wenke wat jou figuur sal vlei

6. Jy dra broeke wat te lank is

Some wat skraps aan die vloer raak kan werk, maar moenie dat hulle op die vloer sleep nie.

#rrWenk: Voorkom hierdie modeflater en besoek ’n kleremaker. Onthou om die skoene saam te neem wat jy die meeste by die broek gaan dra sodat die kleremaker kan weet hoeveel korter hy die broek moet maak.

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

7. Sê nee vir vuil skoene

Jy sal nie die huis met klere vol modder wil verlaat nie, so hoekom gaan jy dit met jou skoene doen? Vee die ergste vuiligheid met ’n nat lappie af.

#rrWenk: Maak ook seker jou leerskoene is gepolitoer.

Lees ook: Hoe om jou wit tekkies te was

8. Klere wat wolletjies maak

Dit gebeur, helaas, met selfs die beste van materiale: Ná ’n paar keer se dra vorm daar ’n growwer lagie, veral by die elmboë en dele wat gereeld skaaf. Veselmengsels wat drie of meer materiale bevat, het ook ‘n hoër kans om wollerig te raak, veral dié wat natuurlike en sintetiese vesels bevat – dink aan jou trui.

#rrWenk: Jy kan hierdie “skade” voorkom deur jou kledingstuk om te dop voordat jy dit was. Dit voorkom dat die materiaal teen ander klere vryf, maar die beste is om dié klere eerder met die hand te was.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

10 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

10 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.