kategorieë: Ons menseBekendes

Hier is die KKNK se Kanna-wenners vir 2023

Teatermaker Nicola Hanekom se Mirre en aalwyn het aan feesgangers die geleentheid gebied om teater ín die pragtige Klein Karoo te ervaar. Dié drama het op Vrydag 5 Mei tydens die Kannas, wat uitsonderlike kreatiewe bydraes by die KKNK beloon, drie Kanna-pryse ontvang, tydens ’n geselligheid by Leopard’s Leap Wynlandgoed net buite Franschhoek met  Lyntjie Jaars as aanbieder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Grant Swanby, Nicola Hanekom (Mirre en aalwyn) en Henét de Villiers van die Het Jan Marais Nationale Fonds (Foto: © Natalie Gabriels Photography)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hanekom is bekroon vir beste literêre bydrae vir haar oorspronklike teks, asook as beste regisseur. Die produksie, met Amalia Uys, Daneel van der Walt, Gretha Brazelle en Alyssa van Reenen in die rolverdeling, is ook as beste toneelaanbieding bekroon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

David Kramer se nuwe musiekspel Ver in die wêreld Kittie is bekroon met die Kanna vir beste musiekaanbieding, asook beste ensemble vir die spel van Dean Balie, Jenny Stead, André Terblanche en Rushney Ferguson, wat die verhaal van Josef Marais, Rosa De Miranda, Kittie Jaftha en Koos Heuningbek uit die 1950’s vertel.

David Kramer, André Terblanche, Renaye Kramer en Dean Balie (Ver in die wêreld Kittie) (Foto: © Natalie Gabriels Photography)

Neil Coppen en Craig Leo is bekroon vir die ontwerp en konsep van die fisieke teaterstuk Droomkraan Kronieke, die tweede teaterproduksie wat as deel van die KKNK se Karoo Kaarte-projek geskep is. Dié produksie is saamgestel uit ’n reeks Oudtshoorn-kinderstories en -herinneringe uit kinderdae van deelnemers wat tydens projeknavorsing na vore gekom het. Plaaslike akteurs, dansers en musikante is ingesluit by die produksie (asook die hele projek wat al vanaf 2021 bestaan).

Neil Coppen (links) en Craig Leo (regs) van Droomkraan Kronieke, saam met Peter Dorrington van Herotel (middel) (Foto: © Natalie Gabriels Photography)

Karoo Kaarte, wat vanjaar ondersteun is deur die ATKV, is ’n multidissiplinêre kunsteprogram wat op Oudtshoorn lewe kry. Die projek is vir die tweede jaar met die Herrie-prys vir innovasie of grensverskuiwende werk bekroon. Diane de Beer vertel namens die Kannapaneel oor dié besluit: “Karoo Kaarte draai rondom Oudtshoorn-stories. Sodoende word ’n lewende argief saamgestel deur almal wat wil deelneem aan dié opwindende projek, wat reeds baie gedoen het om die KKNK een van die mees inklusiewe feeste in die land te maak. Die sukses van Karoo Kaarte lê daarin dat dit bestuur word deur mense wie se harte en arms oopstaan om almal van die gemeenskap wat wil deelneem te betrek. Vanjaar het die inspirerende fisieke teaterproduksie, Droomkraan Kronieke, met kinderspeletjies, -herinneringe en -drome harte gesteel. Ek was geheel en al oorrompel deur die verbeeldingryke spel en storie, wat saam met al die ander elemente van Karoo Kaarte, bygedra het tot die welverdiende erkenning.” Ander elemente van dié projek het ’n app, kinderstorieboek, kunsuitstallings, werksessies en Zines ingesluit.

Dawid Minnaar is bekroon vir beste vertolking vir sy spel in Mirakel, terwyl Liza Grobler die Absa Kanna vir beste visuele kunsaanbieding ontvang het vir haar uitstalling Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook die Droom-installasie waaraan sy saam met die plaaslike Oudtshoorn ReWOLusie gewerk het.

Dawid Minnaar (Mirakel) en Wicus Pretorius (Foto: © Natalie Gabriels Photography)

Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl is vir die tweede agtereenvolgende jaar met die Kanna vir beste kinderteateraanbieding bekroon, dié keer vir Liewe Heksie vang vis. Gita Fourie is as beste opkomende kunstenaar bekroon vir haar teks van die klug Afval, wat as deel van die Universiteit Stellenbosch Dramadepartement se Première Teaterfees ontwikkel is en ook aangebied is as deel van die KKNK se Teksmark.

Die Slurpie-prys, ’n spesiale prys aan ’n jong belangrike stem is geborg en toegeken deur NATi. Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi het die wenner aangekondig en dié prys aan Veronique Jephtas oorhandig, vir die konsep en haar bydrae as skrywer en speler in My kroon se krank. Die digter Lynthia Julius was medeskrywer en die drama was onder regie van Tinarie van Wyk Loots, met Lee-Ann van Rooi as vervaardiger.

Alwyn van Zyl het die Kanna vir uitnemende tegniese bydrae ontvang, ’n prys wat sedert 2018 ingestel is om erkenning te gee aan die harde werk wat tydens die KKNK agter die skerms plaasvind. Zonika van Zyl het die Kanna vir opkomende tegniese talent ontvang.

Kannas is in 13 kategorieë oorhandig, nadat die KKNK se 27 debuutproduksies van 1 tot 9 April deur die onafhanklike Kannapaneel beoordeel is. Werk wat nie by die KKNK gedebuteer het nie, is ook vir die Kanna vir beste opkomende kunstenaar in ag geneem. Die Kannapaneel is Rafiek Mammon (sameroeper), Diane de Beer, Ilse Klink, Felicia Lesch en Fahiem Stellenboom.

Prysgeld is geborg deur Absa (hoofborg van die KKNK), ATKV, Beans about Coffee Oudtshoorn, Castle Lager, Herotel, Het Jan Marais Nationale Fonds, Kunste Onbeperk, NATi, Ton & Anet Vosloo en Wicus Pretorius. Wenners se beeldjies is gemaak deur Haidee Nel en Owen Claasen.

Yolisa Mlungwana (links) en Johann Kruger (regs) van Absa, saam met Liza Grobler (middel) (Foto: © Natalie Gabriels Photography)

Die 28ste KKNK, geborg deur Absa, vind van 23 tot 31 Maart 2024 in die Klein Karoo plaas, terwyl Klein Karoo Klassique vanjaar van 4 tot 7 Augustus op Oudtshoorn aangebied word, met Teksmark wat van 28 Augustus tot 1 September in die Baxter-teatersentrum in Kaapstad aangebied word. Vir meer inligting, besoek kknk.co.za of kontak 044 203 8600, info@kknk.co.za of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.

Die volledige lys van Kanna-wenners is:

Kanna vir beste aanbieding – toneel, geborg deur die Het Jan Marais Nationale Fonds

Mirre en aalwyn

Kanna vir beste aanbieding – musiek, geborg deur Castle Lager

Ver in die wêreld Kittie 

Kanna vir beste aanbieding – visuele kuns, geborg deur Absa

Liza Grobler – Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook die Droom-installasie

Kanna vir beste vertolking, geborg deur Wicus Pretorius

Dawid Minnaar – Mirakel

Kanna vir beste literêre bydrae, geborg deur NATi

Nicola Hanekom – Mirre en aalwyn (oorspronklike teks)

Kanna vir beste regisseur, geborg deur ATKV

Nicola Hanekom – Mirre en aalwyn

Kanna vir beste ensemble, geborg deur Kunste Onbeperk

Ver in die wêreld Kittie

Kanna vir beste ontwerp en tegniese bydrae, geborg deur Herotel

Craig Leo en Neil Coppen vir die konsep en ontwerp van Droomkraan Kronieke

Kanna vir beste aanbieding – kinderteater, geborg deur Kunste Onbeperk

Liewe Heksie vang vis

Kanna vir beste opkomende kunstenaar, geborg deur Ton en Anet Vosloo

Gita Fourie – Afval (teks)

Herrie-prys vir innovasie of grensverskuiwende werk, geborg deur Kunste Onbeperk

Karoo Kaarte

Slurpie-prys, geborg deur NATi

Veronique Jephtas

Kanna vir uitnemende tegniese bydrae, geborg deur Beans about Coffee Oudtshoorn

Alwyn van Zyl

Kanna vir opkomende tegniese talent, geborg deur Pieter-Jan Kapp

Zonika van Zyl

Lees ook: Groot deurbraak vir Kaapstad Opera

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.