Die latte het ’n kalmerende uitwerking. Jy kan ook laventel as geurmiddel gebruik en dit voor slaaptyd drink vir ’n goeie nagrus.
Gevulde droë vye
500 ml (2 k) water
1 hibiskus-teesakkie of 10 ml hibiskus-teeblare
16 gedroogde Turkse vye
100 g amandels, gekap en liggies gerooster
15 ml (1 e) gerasperde lemoenskil
30 ml (2 e) ingemaakte sitrusskil
30 ml (2 e) gemmer in stroop
300 g witsjokolade, in blokkies gebreek
Instructions
Verhit die water in ’n middelslagkastrol tot kookpunt. Haal van die hitte af en voeg die teesakkie en vye daarby. Laat staan vir sowat 20 min.
Meng die amandels, lemoenskil, sitrusskil en gemmer in ’n bakkie.
Dreineer die vye en maak ’n klein snytjie aan die kant.
Maak ’n holte met jou vingers en vul elke vy met die amandelvulsel. Sit op kombuispapier.
Smelt die witsjokolade oor matige hitte in ’n glasbak wat knus oor ’n kastrol halfvol kokende water pas. Doop die vye se boudjies daarin en laat die oortollige sjokolade afdrup.
Laat set op ’n bak-plaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sit voor met die hibiskus-en-roos-latte.