kategorieë: Ons menseBekendes

“Hi Barbie!” Danielle Retief vertel meer oor haar ‘Banana Air’-karakter

Sy is die ambisieuse lugwaardin wat jou elke Maandagaand gaan vermaak in kykNET se nuwe komedie, Banana Air, en Danielle Retief is nog lank nie klaar nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Banana Air volg die persoonlike en professionele verhoudings van verskeie lugwaardinne en vlieëniers, en elke episode is gelaai met absurde penaries en onverwagse wendings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf blitsfeite oor kykNET se splinternuwe komediereeks, ‘Banana Air’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Danielle vertolk die rol van Barbie Benadie, ’n junior lugwaardin wat in ekonomie-klas werk by Banana Air, ’n laekostelugredery.

“Barbie is voor op die wa, ambisieus, hou baie van aandag en sal seker maak sy kry presies wat sy wil hê. Sy draai nie doekies om nie en hou daarvan om lukrake feite in baie belangrike gesprekke te deel. Dis wat haar so snaaks maak: die feit dat sy haar eie vreemde wêreld aan ander se ernstige dilemmas opdwing,” vertel Danielle.

Danielle sê sy en haar karakter verskil soos dag en nag: “Dis juis hoekom ek mal is daaroor om saam met Willie Esterhuizen te werk. Hy skep altyd karakters wat my uitdaag en laat speel. Barbie hou van aandag; ek nie. Barbie sal mense nou en dan uitbuit; ek sal beslis nie. Ek is egter net so ambisieus, indien nie meer nie.”

Danielle het die teks oor en oor gelees om haar plek in die geselskap te probeer vind. “Met komedies kan ’n mens maklik in ritmes en karaktertrekke van die res van die akteurs verval, en ek wou seker maak sy bly uniek. Ek het van die begin af besluit Barbie het meer selfvertroue as wat ek ooit sal hê, en dit het vreeslik baie gehelp om haar manier van beweeg en praat te ontwikkel: asof die kollig altyd op haar is en sy dit weet,” sê Danielle.

Danielle Retief, Lara Lourens en Liane Heyl (Foto: Verskaf)

As sy nie voor die kameras is nie, klim sy agter die kameras ook in. Danielle is tans ’n oorklankingsregisseur en stemkunstenaar vir kykNET&kie se Turkse telenovelas. Kykers van Kind van die noodlot en/of Moederhart sal haar stem herken. Sy is ook betrokke by ’n produksiemaatskappy wat rondreisende teaterstukke en werkswinkels aanbied.

“As mense aan een word moet dink om my te beskryf sal dit heel moontlik ‘besig’ wees, want ek sit nooit stil nie. Ek gaan ook bietjie produksiewerk doen vir ’n realiteitsreeks en dan moet ek troue beplan vir Februarie 2025. Dis amper net soveel werk as om ’n hele produksie aanmekaar te slaan,” skerts sy.

Skakel elke Maandagaand in op kykNET (DStv-kanaal 144) om te kyk waarmee Barbie Benade alles in Banana Air besig is. Dié reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Bessie-en-witsjokolade-tert

Deeg 1 Meng 225 g botter, 200 g strooisuiker, 2 groot eiers en 500 g…

2 hours Gelede

10 redes waarom jy die Oktober-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Sonderlinge Simoné  Simoné Pretorius het as aktrise naam gemaak, maar dié dinamiese vrou…

3 days Gelede

Leer hoe om selfgeldend te wees

Om gaaf, oulik en die minste te wees kom vir baie mense teen ’n prys.…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

Seisoen drie van die gewilde kykNET-telenovela Diepe Waters het vandeesweek afgeskop, en met die nuwe…

3 days Gelede

Spek-en-sampioen-pasta

Spek-en-sampioen-pasta   Genoeg vir 4.   Bestanddele   125 ml (½ k) gedroogde porcini- of…

3 days Gelede

Vis in krakerige bierbeslag

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.