Foto: Pexels
Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Om heupsakkies te dra het nie in (of eerder, om) almal se broek gesit nie. Boonop was dit geensins vleiend vir jou figuur nie. Maar met die die voordele dat albei jou hande vry is, jy nie ’n swaar gewig oor jou skouer hoef te dra nie, en dat dit boonop kan dien as ’n gordel, kon ontwerpers soos Gucci dit nie weerstaan om hierdie sakkie met ’n kinkel terug te laat keer nie – en dit het lekker skelmpies ons onkant gevang! Ons deel met jou ’n paar veranderinge, nuwe style en hoe om heupsakkies te dra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Vir diegene tussen ons wat vasklou aan dié ouer styl: Heupsakkies kom nou in kleurryke materiale voor en word met blinkers en borduurwerk versier. Jy kan dit steeds om jou heup dra soos in die verlede, maar die nuutste gier is eintlik om dit soos ’n skouersakkie skuins oor jou lyf te laat hang. Kies ’n grootte wat by jou pas – eerder kleiner as te groot – en onthou dat dit nie jou klere moet skeefdruk as dit oor jou lyf hang nie. Ons hou ook van hoe Kim Kardashian-West dit onder haar baadjie dra om makliker aan en uit te trek.
Die styl soos dié van Gucci bestaan uit ’n sakkie wat soos ’n normale palmhandsakkie lyk en deur ’n gordel geryg word en om jou lyf gebind word. Baie bekendes bind dit om hul middel, eerder as hul heupe, sodat dit ’n uurglasfiguur skep. Die hierdie styl is dus effe fyner en vrouliker as die kenmerkende styl en daarom so gewild. Boonop beteken dit dat albei jou hande vry is! Bind dit om baadjies, jasse of net om jou hemp.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.