Voer ’n groot bakplaat van 23 cm x 33 cm met bakpapier uit en spuit die kante met kleefwerende kossproei.
Verhit die suiker, heuning, water en botter stadig in ’n kastrol oor baie lae hitte. Roer deurgaans en was die suikerkristalle wat aan die kante van die kastrol vorm met ’n nat kwassie af.
Bring die mengsel tot kookpunt sodra al die suikerkorrels opgelos het – die mengsel sal kristalliseer indien jy dit te vroeg laat kook. Laat kook vir 6-8 min. Haal van die hitte af en voeg die koeksoda by – die mengsel sal skuim. Meng deur met ’n houtlepel.
Gooi in die bakplaat en laat heeltemal afkoel.
Smelt intussen die sjokolade in ’n glasbak oor ’n dubbelkoker. Roer tot glad en glansend.
Keer die afgekoelde heuningkraaklekkers op ’n skoon werkvlak uit en smeer die sjokolade eweredig oor. Laat hard word. Breek in stukke en verpak in ’n lugdigte houer.