kategorieë: In die nuusJou lewe

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant bevat. Die enigste manier om daarby uit te kom is om ’n brug te bou – en jou medebouers te oortuig om jou oor die brug te laat loop om die prysgeld op te eis. kykNET se epiese realiteits-TV-uitdaging Die brug is terug vir ’n groter, selfs meer gewaagde tweede seisoen, en die inskrywings is tot 31 Augustus oop by kykNET.tv.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die brug los ’n groep vreemdelinge in ’n afgeleë wildernis met een eenvoudige taak: bou ’n brug van die oewer na ’n eiland waar die prys van R1 miljoen wag, en dít binne minder as 20 dae. Die spel gaan nie net oor die uitdaging om die brug te bou nie – dit gaan ook oor die toets van die spelers se sosiale vaardighede, morele, fisiese en geestelike krag en uithouvermoë in die aangesig van ’n prys wat hul lewens ingrypend kan verander. Hoe gaan hulle die klowe in hul eie lewens oorbrug en hul eie vooroordele bestuur om saam te werk vir sukses? Wie sal die eerste wees om hul pad oor die brug na die prys te onderhandel – en sal hulle by die beloftes hou wat hulle gemaak het om daar uit te kom?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kykers wat die boeiende eerste seisoen gevolg het, mag dink hulle het nou alles uitgepluis, maar in die tweede seisoen word die doelpale verskuif. Die spelers moet saamwerk om onstuimige waters oor te steek – waters wat hulle dikwels self vertroebel het – en baie onverwagse kinkels, verrassings en versoekings die hoof bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die brug is ’n wêreldwye fenomeen en was een van die gewildste realiteitsprogramme op kykNET verlede jaar. Ons is dus opgewonde om ons kykers op ’n tweede seisoen te trakteer,” sê Waldimar Pelser, Kanaaldirekteur: Premium-kanale by die MultiChoice-groep. “Die program het vinnig ’n fanatiese gevolg gekry, en ons het hard gewerk om seker te maak dat daardie getroue aanhangers beloon word – en dat die spelers in die tweede seisoen op hul tone bly.”

Avril Albetti se benoeming vir Persoonlikheid van die Jaar by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV getuig van die sukses wat die eerste seisoen van Die brug behaal het, en wys dat dié program ook buite die wêreld van realiteits-TV ’n groot impak gemaak het.

Die brug word deur Red Pepper Pictures vervaardig en sal vroeg in 2025 op kykNET uitgesaai word.

Skryf in by kykNET.tv voor 31 Augustus as jy glo jy het wat dit verg om na die R1 miljoen oor die brug te stap.

Indien jy beplan om Liefde By Die Dam op 3 Augustus by die Emmerentia-dam in Johannesburg by te woon, kan jy daar jou beste gee en ’n oudisie vir seisoen 2 doen by die amptelike kykNET-oudisie-stalletjie vir Die brug S2.

Belangstellendes is welkom om beide aanlyn in te skryf en ’n kans te waag by Liefde By Die Dam.

Lees ook:Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.