Vraag
Ek is in my vroeë dertigs en sien ek het ’n effense plooi in my nek begin ontwikkel. Wat kan ek doen om dit weg te vat, of te keer dat dit dieper word? – Dianne
Antwoord
Jy moet jou fibroblastselle weer stimuleer sodat nuwe, gesonde kollageen en elastien geproduseer kan word. Neem die volgende aanvullings: vitamien A, C en essensiële vetsure, veral omega-3, CoQ10 en ’n goeie multivitamien. Salonbehandelings wat goed werk, is suur- en naaldbehandelings wat die wondgenesingstegniek gebruik om die fibroblastselle te stimuleer om nuwe, gesonde kollageen en elastien te vervaardig. Daar is sigbare verbetering ná hierdie behandelings, maar al die plooitjies sal nie verdwyn nie. Jy moet ook jou vel reg versorg sodat dit van binne en buite goed gevoed word.
*Isabel Roos uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria
Ons sê probeer gerus ’n nek- of décolleté-room: La Prairie Cellular Night Repair Cream Face, Neck, Décolleté of Neck & More