kategorieë: Gesondheid

Het jy ’n eetsteurnis? Toets jouself

’n Vraelys kan nooit die plek van ’n behoorlike evaluering inneem nie, maar hierdie siftingsvraelys sal jou ’n goeie idee gee of jy (of iemand wat jy ken) ’n eetsteurnis het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het dit gebaseer op twee bekende diagnostiese vraelyste (die SCOFF en die ESP) wat deur medici gebruik word om vir eetstorings soos anoreksie, bulimie en ooreetsteurnis te toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Antwoord eerlik. Net jy weet wat jy antwoord. En daarby is daar deesdae geweldig baie begrip en ondersteuning vir al drie situasies. Ons verstaan nou dat die probleem nie jou skuld is nie. Dit is inderdaad buite jou beheer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is die vrae

1. Bekommer die manier waarop jy eet jou?
2. Sal jy sê jou lewe fokus op kos en/of gedagtes daaroor?
3. Voel dit soms vir jou asof jy nie kan ophou eet nie?
4. Raak jy naar as jy baie oorvol voel?
5. Jok mense dikwels vir jou en sê jy is skraal terwyl jy self weet hoe oorgewig jy is?
6. Eet jy soms in die geheim?
7. Laat jou gewig jou sleg oor jouself voel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat jou antwoorde sê

Wat het jy geantwoord op vraag 1 en 7? ’n Ja dui aan dat iets jou pla.
Hoe meer ja’s jy op die res van die vrae geantwoord het hoe ernstiger is die eetprobleem.
Kry hulp, en los die probleem op voor dit jou lewe verwoes.

Waar om hulp te kry

• Vra jul huisdokter om verwysings.
• Bel die Geestesgesondheid Inligtingsentrum op 021 938 9229 of
• Kontak die Geestesgesondheid Inligtingsentrum op mhic@sun.ac.za

Kry hier kenners en lees meer

– www.mentalhealthsa.org.za/
– www.therapistdirectory.co.za/eating_disorders_therapists_south_africa.asp

Hier is skakels na sentrums vir behandeling

– www0.sun.ac.za/mhicweb/node/1122
– www0.sun.ac.za/mhicweb/node/1125
– www0.sun.ac.za/mhicweb/node/1232
– www0.sun.ac.za/mhicweb/node/1360

3 lesers se perspektief

Una (39) ‘Ek doen myself skade aan’

“Tydskriffoto’s van modelle en mooi mense soos Angelina Jolie laat my glad nie lelik voel nie. Hulle leef in die fantasiewêreld van die media, met ’n span mense wat hulle help om so mooi op foto’s te lyk. Myne is mik-en-druk foto’s en selfies. Sónder photoshopping. Ek is oukei met hoe ek met hulle vergelyk.

“Maar laat my Facebook-vriendinne my lelik voel? Ja, want ek steek af. Hulle is mos my gelykes? Vriendin was wraggies al weer in Spanje. Haar dogter is bééldskoon en haar man sê dinge soos ‘my one&only’. Sy plaas diepsinnige aanhalings van Pablo Neruda. Haar sêgoed lok lewendige geselsies uit. Wanneer sy verjaar, wens elkeen van haar 1 297 vriende haar geluk. Sy lyk oral en in alles prentjiemooi, en kry kommentaar soos ‘Julle kom op die interessantste plekke.’ Of ‘Sjoe, jy is pragtig.’

“Wonderlike dinge gebeur met haar, waarvan sy ons op die nederigste manier inlig, byvoorbeeld so: ‘Ons kinders het ons bederf. Ek is so geseënd.’

“Haar lewe is ’n fees. Of so lyk dit. Ék wat ’n baie lekker lewe het, maak nie tyd om foto’s te neem nie en nou dink mense my lewe is vervelig. Boonop is ek nie fotogenies nie. Ek is bra droog. En ek het ’n dubbelken.

“Laat háár FB my sleg voel oor myself? Beslis. Vaal en vet, om presies te wees.

“En kan dit my skade doen? Hoe kan dit nié?”

Hannekie (23) Ek háát FB

“Maar ek kan nie wegbly nie. Ek sien dag én nag op my selfoon wat almal doen. Mense tag jou … en jy wil ook maar kyk.
“Net so graag as wat ek wil weet wat almal doen, net so aaklig is dit vir my om te weet. Ek sien Mari-Leen se kêrel het ’n Harley gekoop en sy skryf ‘Love all the memories we’re gonna make’. Ek het nie geld vir ’n Harley nie en nie ’n kêrel nie en gaan niks nuwe memories maak nie.

“Dit is altyd vir my daardie ding van ‘Kyk vir my! Ek is so oulik, gewild, fiks, sexy … ’; of ‘Kyk net waar was ek die naweek’; of girlie talk soos ‘jy is my beste, este este maaikie’. Of godsdienstige versies wat my na ’n heidin laat voel.

“As ons groep vriende iewers kuier en iemand pos foto’s en tag ons almal, untag ek myself dadelik. Ek voel te selfbewus en blootgestel.

“As ek iets op iemand se pos skryf en hulle antwoord nie, wonder ek wat ek verkeerd gedoen het. Al wat ek van FB het, is slegte gevoelens.”

Theresa (53) “Ek is gek na al die lekker positiewe terugvoer”

“Ek is elke dag maklik ’n uur lank op facebook. Vir my is facebook soos ’n spieël van die lekker dele van my lewe.

“Ek wil my lewe positief sien. Daarom dink ek wat is vandag spesiaal en pos iets wat dit weerspieël. Ek probeer ’n ekstra dimensie byvoeg. As my kind verjaar, sê ek nie net geluk nie maar pos ’n babafoto. Ek reageer dikwels met ’n komplimentjie of erkenning op my FB-vriende se pos.

“Ek doen moeite om ’n gedagte wat my raak te soek en te pos. Ek plaas baie graag foto’s. Partykeer gaan soek ek na ’n ou een en tag iemand, sommer om te sê ek onthou dit.

“Ek opdateer my profielfoto byna weekliks sodat dit iets van my lewe nou weerspieël. Ek was eers vitterig oor hoe ek op foto’s lyk, maar nie meer nie. Ek het besef ek sien my een fout raak terwyl ander met ’n sagter oog kyk, net soos ek na hul foto’s kyk.

“Ek nooi almal wat ek ontmoet graag uit om deur facebook verder te gesels. As ons mekaar later raakloop, het ons die drade uitgebou. So brei my vriendekring uit.

“Vir my is party dinge gepas, ander nie. FB is nie die plek waar ek my hart uitstort, my private lewe ten toon stel en emosionele steun soek nie. Daarvoor gesels ek een-tot-een met my paar uitgesoekte vriendinne. Maar facebook voeg waarde tot my lewe by.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

10 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.