Het jy al gehoor van tweedehandse drank? deur Salomé Delport. Foto’s: Pexels
’n Nuwe konsep: Tweedehandse drank
Dié nuwe term is eintlik ’n ou konsep, en verwys na die skade wat een se drankmisbruik aan ander doen, net soos tweedehandse rook.
Vanselfsprekend is drankskade weens motorongelukke, verkragting, ongewenste swangerskappe en in-utero-skade aan babas ernstig.
Lees ook: 3 mites oor drank wat jy nie moet glo nie
“Die meeste van ons drink dan nie so kwaai nie?”
Maar die “ligter”, tweedehandse drankskade word onderskat, sê die Kanadese navorsers van die Research Society on Alcoholism, wat die term geskep het.
Hulle het die ligter skades in drie kategorieë verdeel:
- spanning (soos die uitwerking op slaap en studie);
- bedreigings (soos beledigings, seksuele teistering en aggressie)
- en inter-persoonlike leedaandoening (soos rusies en aanvalle).
So gesien, is die uitwerking van “onskadelike” drankgebruik ongelooflik.
Sewe uit tien van die 1 537 Kanadese eerstejaars in hul ondersoek het daarmee te kampe gehad, ongeag of hulle ook drink, of glad nie drink nie.