Dit het jy nodig
• Mediese alkohol (wat jy by ’n apteek kan koop)
• ’n Klein spatel of teelepeltjie
Stap 1
Breek die inhoud van jou grimering verder op (maak dit fyn met die spatel)
Stap 2
Gooi ’n klein hoeveelheid van die alkohol oor die gebreekte poeier.
Stap 3
Gebruik nou jou spatel of teelepel en druk die nat grimering saggies weer in plek (dit sal sag voel) en maak dit mooi glad.
Stap 4
Laat die grimering oornag droog word. Die kleur behoort terug te keer na normal en die alkohol-reuk sal ook binne ’n paar uur verdwyn.
Lees ook: 12 wenke vir ’n tuis mani of pedi