Herstel só gouer van chemobrein deur Salomé Delport. Foto skynesher / istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Daar is skattings dat chemoterapie ’n miljoen mense net in ons land kan aantas, as jy in ag neem dat die sogenaamde chemobrein byna almal op chemo aantas, dat sowat 50% van byvoorbeeld borskankerpasiënte ’n jaar later steeds aangetas is en dat 17% – 30% van mense wat van kanker herstel – dis deesdae die norm – tien jaar later of selfs lewenslank permanent geraak is.
Hoe nou gemaak as jy jou op chemo moet voorberei, of reeds deur chemo is en wonder oor hoekom jy dikwels woorde soek, deesdae stadig dink, en so aan?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Chemo red lewens. Daarom doen ons chemo en maak ’n plan met ’n chemobrein.
Lees ook: 7 dinge wat jy oor borskanker moet weet
Vroue met borskanker wat op chemo was, het begin kla oor “chemobrein” – vae simptome van verstrooidheid, ’n swak geheue, ’n gesukkel met beplanning, asook stadigheid. Navorsers en dokters was skepties, want chemo werk nie op die brein in nie. Dit was meer logies dat kanker as siekte jou liggaam en dus ook jou brein aantas.
Daarby plaas kanker en chemo jou onder uiterste stres wat die breinvermoë van selfs gesonde mense belemmer. Verder tref kanker meestal ouer mense, wat in elk geval nie meer so skerp is nie. (Wel …)
Maar hulle het bly kla – en daardeur ons almal ’n groot guns gedoen, want uiteindelik is die kwessie deur die Rochester-universiteit ondersoek. En sowaar, teen alle verwagting in, stel hulle toe vas dat 82% van hul toetsgroep wat deur chemo is, definieerbaar en meetbaar inkorting van breinfunksies het.
Saam met bevestiging het dit ’n amptelike naam gekry: Post Chemoterapeutiese Kognitiewe Inkorting, of PPCI op Engels.
Vandag weet ons chemobrein tref mense met enige soort kanker, en navorsers kan al begin uitwys watter inkortings tipies van elke soort chemo is.
Chemobrein word nou beskou as neuroskade wat nie voldoende herstel het nie. Dit kom baie nou ooreen met fibromialgie en chroniese moegheidsindroom.
Lees ook: Madelein Rust – Kanker Schmanker
Glad nie. In die eerste plek tas dit net sommige mense aan. Toegegee, byna almal (sowat 90%) ervaar chemobrein terwyl hulle chemo gebruik. ’n Jaar later het die meerderheid (50% – 90%) géén blywende newe-effekte oor nie. Hulle is soos hulle vantevore was.
En as jy een van die ongelukkige 10% – 50% is?
Die woord “inkorting” beskryf die situasie akkuraat: mense met ’n langtermyn-chemobrein is dalk nie heeltemal so knap en oulik as vantevore nie maar verreweg die meeste funksioneer baie goed. Hulle kan hul werk bly doen, motor bestuur en hul geldsake hanteer. As jy tot en met chemo “taamlik slim” was, sal jy nou moontlik net “slim” wees, maar jy sal steeds “slim genoeg” wees.
Lees ook: Kanker – hierdie dinge mag jy nooit sê nie
Eintlik vorder ons maar stadig met beter chemo of medikasie hiervoor. Die oplossings met die beste bewese sukses is eerder in jou eie hande.
1 ’n Bietjie oefening – baie voordeel
Tot dusver is oefening een van die suksesvolste bewese maniere om chemobrein te oorwin – en dit is nooit te laat om te begin nie.
Dr. Diana Ehlers van die Universiteit van Illinois het na oefening, moegheid en intellektuele skerpheid gaan kyk onder 299 middeljarige vroue wat breinkanker oorleef het. Die vroue wat ná hul herstel gereeld van matig tot taamlik hard geoefen het, was meer energiek en kon boonop beter konsentreer, onthou en verskeie dinge tegelyk doen.
Dr. Gillian Cooke van dieselfde universiteit het selfs bevind dat borskankeroorlewendes wat oefen beduidend meer breinweefsel het as dié wat nie oefen nie. Sy sê selfs vroue wat drie jaar ná chemo steeds van chemobrein gekla het (wat dus as permanent beskou is) het beter gevaar ná hulle begin oefen het.
Daaglikse stap, draf of dans teen ’n lekker genoeg pas sodat jy ’n bietjie uitasem raak, is die beste terapie vir chemobrein.
Lees ook: Wat jy moet weet oor seks en kanker
2 ’n Goeie evaluering
Chemobrein verskil van mens tot mens. ’n Goeie vertrekpunt, sê Kansa, is om duidelik te definieer wat jou pootjie. Is dit ’n kwessie van konsentrasie? Is jy vergeetagtig? Soek jy na woorde? Verlê jy dinge? Werk jy stadiger? Is dit vir jou moeiliker om nuwighede te onthou? Verwar jy datums, afsprake en name? Is organisasie en beplanning nou vir jou moeilik? Is jy lomp? Bestuur jy minder vaardig?
Jy, iemand wat jou goed ken, ’n neuroloog of arbeidsterapeut kan jou soort probleme vaspen sodat jy gepaste planne kan maak.
Lees ook: Borskanker neem toe onder jonger Suid-Afrikaanse vroue
3 Respekteer jou gemoed
Jy is deur groot trauma, wat oorgenoeg is om swaarmoedigheid, sosiale onttrekking en depressie te veroorsaak. Daarby herstel jou brein stadig ná chemo, wat maklik tot gemoedsprobleme kan lei. Jy mag maar “af” voel.
Ondersteun jou brein met die dinge wat goed is vir jou gemoed, soos vrolike musiek, humor, “happy” flieks en stories, ’n kuiertjie met ’n vriendin, uitstappies na plekke waar jy nog nie was nie of na gunstelingplekke, speel met jou kat of hond. Hope navorsing en die persoonlike ervaring van derduisende mense wys dat aktiwiteite wat jou interesseer, goeie herinneringe by jou laat, of jou ondersteun, ook goed vir jou gemoed is.
Antidepressante help breinsinapse aan, en help dus ook dat jou brein beter funksioneer. Daarby is hulle veilig vir langtermyngebruik. As jy ’n ekstrovert is, sorg vir genoeg geselskap, en as jy ’n introvert is, sorg vir genoeg eie tyd om jou batterye te herlaai.
4 Medikasie vir aandagafleibaarheid
Hoewel daar nie sterk bewyse is dat dit op lang termyn mense met chemobrein help nie, word Ritalin en soortgelyke middels dikwels tydelik voorgeskryf.
En nog drie …
5 Leef skoon, eet skoon
Chemoterapie is toksies, en dit neem jou lewer lank om daarvan ontslae te raak. Drank, dwelms, baie en sterk koffie, oliegebraaide kos, baie vleis, en alles wat minder gesond is, soos sigarette en vaping, oorlaai jou lewer – wat reeds ooreis is – nog verder. Gee jou lewer ’n blaaskans met water, vars vrugte en groente – veral Brusselse spruite, broccoli en al die ander soorte kool, wat jou lewerensieme kan aanhelp. Drink groen sap en tee eerder as wyn en gaskoeldrank.
6 Slaap, rus, ontspan
Jou brein herstel homself terwyl jy slaap. Klim vroeg genoeg saans in die bed sodat jy uitgeslaap is teen opstaantyd. Rus in die middel van die dag of laatmiddag.
7 Doen minder – doen dit beter
FOMO jaag ons almal aan, spesifiek as ons dink ons gaan nie meer baie tyd hê nie. Kies wat regtig vir jou kosbaar is en jou tyd en energie werd is, en los die res.
• Kies ’n stiller werkomgewing sodat niks jou aandag aflei nie.
• Speel You Tube-musiek wat jou alfa-brein-golwe stimuleer terwyl jy werk
• Doen Sudoku of blokkiesraaisels om konsentrasie in te oefen
• As dit regtig moeilik is, probeer Ritalin.
• Beplan jou dag soggens of saans.
• Gebruik kalenders en alarms op jou selfoon en rekenaar om jou te herinner aan take en afsprake.
• Gebruik die nota-funksie of die klankopnemer op jou selfoon om notas te maak van name, take en dinge wat jy moet onthou.
• Hou ’n notaboek of dagboek en teken alles aan sover dit gebeur. Dit gee jou ’n rekord waarop jy kan terugval.
Lees ook: Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Hierdie webwerf gebruik koekies.