kategorieë: Fiksheid

Herstel is net so belangrik soos oefen

Tydens die herstelproses pas die liggaam by die spanning van oefening aan en dís wanneer die werklike voordele van oefening plaasvind. Dis ook die tyd wanneer die liggaam sy energiestore aanvul en beskadigde weefsel herstel. As jy die hele tyd net intensiewe sessies kies, kan herstel nie plaasvind nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Korttermyn herstel ná harde oefensessies

• Dis waar jy aktiewe herstel doen soos lae intensiteit-oefening na harde sessies.
• Dit kan deel van die afkoeltyd uitmaak of dit kan ’n ligte oefensessie wees.
• Dis ideaal vir die herstel van sagte weefsel en om spiere te bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Oefen jouself jonger

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Slaap is belangrik

Die ideaal is om 7-10 ure se slaap per nag in te kry en hoewel dit nie almal beskore is nie, is dit belangrik om na die gehalte van jou slaap te kyk. So maak jy seker dat die ure wat jy wel slaap inkry, nie gebruik word om soos ’n hoender op ’n spit heen en weer te rol en oor gister en môre se probleme te tob nie.

Skakel al jou skerms (die blou lig gooi jou interne stelsel deurmekar en hou jou wakker), vroegaand al af en maak seker jou beddegoed en kamer is nie te warm nie. Soms help dit om eerder in die oggend te oefen as laat oefensessies jou wakker hou.

Lees ook: 22 Slaapprobleme, 22 oplossings.

Voeding en hidrasie

Maak seker jy drink genoeg water en kry elektroliete na ’n harde oefensessie. In die somer is dit maklik as jy warm kry, maar in die winter kan jy hier slaplê. As jy vind dat jy die hele tyd dors voel, maar dat vloeistof nie jou dors les nie, kort jy elektroliete. Maak jou eie elektrolietdrankie deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO)  se riglyne te volg:

• Meng 6 gelykvol teelepels (30 ml) suiker en ’n halwe teelepel (2,5 ml ) sout met een liter water.

Ek gebruik graag die volgende resep wat ’n effense variasie op die tema is en dis baie lekkerder. Ek verkies lemoensap, maar jy kan enige sap gebruik.

• ½ t sout, ½ t koeksoda, ½ t soutplaasvervanger (kalium chloride, te koop by apteke soos Dischem), 2 t suiker, ½ liter water, ½ liter lemoensap.

Lees ook: Koswenke vir die beste oefensessie

Langtermyn herstel

Dit verwys na ’n program wat hersteldae (of weke) insluit wat oor ’n jaarprogram ingebou word om seker te maak jou liggaam herstel ten volle. Baie keer help “cross training” waar jy ’n ander sportsoort gebruik om fiks te bly, maar die spiere wat jy gedurig gebruik ’n ruskans te gee.

Lees ook: 5 oefenfoute wat ons almal maak

Deel
Gepubliseer deur
Anet Schoeman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.