Die Koreane is bekend daarvoor dat hulle jaarliks talle feeste regoor die land aanbied. So is daar byvoorbeeld feeste vir kimchi, kersiebloeisels, pruimboombloeisels, lanterns, appels, migrerende voëls, sojabone, ontwerp, kersbome, forelle, ligte, groentee, Koreaanse dramas, bulgevegte, skoenlappers, tulpe, wierook, bamboes, die Paleolitiese era, blomme, tradisionele sang, “slakstap” (my vertaling vir olle walking), onafhanklike films, internasionale films, kortfilms, soet persimmons, winter, bergsneeu, keramiek, bokwiet, maskers, kruiemedisyne, internasionale jazz, gefermenteerde seekos, ensomeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Korea is ook breëborstrots op die feit dat hulle vier duidelik onderskeibare seisoene het. Hoewel internasionale weerpatrone besig is om te verander, hou die Koreane steeds vol dat elke seisoen min of meer (presies) drie maande duur. Persoonlik sou ek ’n paar maande by die (lang) somer wou steel en by die herfs wou byvoeg!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
So loop ek een oggend in Oktober oor die gronde van die Kuns- en Kultuursentrum en sien hoedat die gras en betonarea oornag omskep is in ’n wonderwêreld van krisante van alle kleure en groottes. Groot potte en klein potte, krisante in reuseharte, in groter as lewensgrootte beelde van perde, hasies, kuikens, swane, beertjies, osse, ens. Waar ek aan die anderkant van die Sentrum uitstap, loop ek uit onder ’n boog gebou van veelkleurige krisante. Oornag is my prentjiedorp aan die suidelikste punt van Suid-Korea opgetooi vir ’n maandlange krisantefees. As ’n Suid-Afrikaner wat nie gewoond is aan munisipale begrotings wat blomme, musiek, kuns en ander estetiese aanskoulikhede insluit nie, was ek uit die aard van die saak geweldig beïndruk en opgewonde by die vooruitsig dat ek vir ’n volle maand lank elke dag hierdie wonderwêreld gaan aanskou.
Groot was my verbasing toe ek daardie middag weer deur die Sentrum loop en sien dat daar selfs meer blomme en uitstallings bygevoeg is. ’n Kwartet van miere maak vrolik musiek tussen die blomme. Die os het ’n waentjie bygekry om te sleep. ’n Perd op volle galop het bygekom. Nog duisende veelkleurige blomme is ingesteek en bygesit. Ek het self gesien hoe die ou tannies kromrug buk en op hulle hurke sit om blomme oral in te druk terwyl die omies met hul wit handskoentjies water lei. Die volgende oggend was daar selfs meer verrassings en die dag daarna nog meer. Die mierorkes het gegroei tot vyf en nog ’n paar dae later was ’n skilpadskip en twee admirale deel van die orkes om die Slag van Myeongnang (1597) te vier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Toe besef ek dat daar vir ’n hele klomp dae aan die uitstalling gebou word en dat dit nie die eerste dag voltooi was nie. Hoewel ek reeds die eerste dag grensloos beïndruk was, was dit by verre nie die finale produk nie. Ja, dit sou baie mooi en edel wees om te kon sê dat ek met min tevrede is en dat dit vir my genoeg was om te waardeer hoe ’n samelewing geen geld en moeite ontsien om ’n blom en ’n seisoen te vier nie. Maar ek het besef hoe ek my sin vir wonder verloor het in ’n wêreld en lewe wat te vinnig en gejaag en vol spanning was. Hoe ek verleer het om die sprokie en die fantasie elke dag om my raak te sien. Hoe ek gelate aanvaar het dinge kan nie beter of mooier word nie. Om tevrede te wees met die gemiddelde, die gewone. Om te bang te wees om vir meer te wag, te bang om groot te droom en te bang om te glo in oorvloed.
As ek na die eerste dag sou besluit het om nie weer by die Sentrum verby te loop nie omdat ek reeds die uitstalling gesien het, sou ek nooit geweet het dat die beste nog sou kom nie – en nie een dag later nie, maar etlike dae later. Ek sou gedink het Korea kan ’n krisantefees saamslaan wat baie mooi is, maar ek sou nie geweet het Korea kan ’n asemrowende kleure- en geurespel van blomme en fantasie en wonder optower en vir ’n maand lank in stand hou nie.
Dan wonder ek hoeveel keer het ek al in die verlede omgedraai of opgehou voor die eintlike skouspel, voor die hoogtepunt, en hoeveel keer het ek aanvaar dat die gemiddelde die uiteindelike was. En dan is ek opnuut dankbaar vir my avontuur in Korea.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.