Gebruik ons ragù resep om hierdie pastei te maak.
1 Sny 3-4 aartappels, geskil en halfgaar gekook in dun lappies.
2 Smelt 45 ml botter en smeer die aartappels daarmee.
3 Skep 4 k van die ragù in ‘n oondvaste bak en pak die aartappels in lagies bo-op.
4 Geur elke laag met sout en smeer met botter.
5 Bak by 200 °C tot die boonste aartappels goudkleurig en bros is.