Henry Joubert: ’n Fyn oog en ’n warm hart

’n Fyn oog en ’n warm hart deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die Here het ’n manier om jou te buig in die mens wat jy moet wees,” sê Henry Joubert, visuele streeksbestuurder van ’n bekende kettingwinkelgroep. “Ek is ’n prentjiemens. Van ek kan onthou, hou ek van mooi dinge. As klein seuntjie was ek reeds anders as my maatjies. Ek het nie regtig met my speelgoed gespeel nie, maar dit uitgestal. As maatjies kom kuier het, het ek my kamerdeur toegemaak sodat niemand aan my speelgoed sou raak nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek het my ma se wasgoed uit die wasgoedmandjie gehaal, op hangers gehang en die stoepreëlings met die klere versier. Daarna  het ek hulle met my suster se speelgoedstrykystertjie gestryk. Ek het ook graag met haar poppe en my ma se hare gespeel en dit volgens die nuutste neigings in upstyles geknoop.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Henry, Lukas en Christelle

“Tot my Pa se irritasie het ek ons huis elke week anders geskuif. Ek hou daarvan om dinge te verander. Ek onthou hoe ek in  ’n stadium by sielkundiges in speelgroepies moes speel sodat hulle my gedrag fyn kon dophou. Ek het natuurlik vir die meisies klere gekies waarmee ons ‘huis-huis’ kon speel! Die sielkundiges se uitslag was: ‘Mevrou Joubert, u het ’n ongelooflike kreatiewe seun en sy kreatiwiteit moet ontwikkel word.’

“Ek het uitgeblink in kultuur, maar akademies het ek soms gewonder of ek die jaar sou druip. Die enigste uitlaatklep vir my kreatiwiteit was kultuur – om koor te sing of in skoolkonserte op te tree. Smiddae het ek ’n klein besigheid bedryf deur saam met my pa hout-ornamente te maak. My ma het dit saam met my afgewerk en aan haar kollegas verkoop. Ek het soveel geld gemaak dat ek my eerste motorfiets kon aanskaf.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gou het skoolwerk met my besigheid begin inmeng

“In graad 11 het ek vir kliënte begin klere maak. Gou het skoolwerk met my besigheid begin inmeng. Ek het veel eerder tuis naaldwerk gedoen as om skool toe te gaan! In matriek het ek my eerste matriekafskeidrok vir ’n vriendin gemaak. Daar begin ek toe vir ’n inkomste aandrokke maak én hare en blomme  doen, vir spesiale okkasies.

“Ná matriek het ek ’n administratiewe pos by ’n mediese fonds gekry en elke oomblik van die ses maande daar gehaat. In my vrye tyd het ek mense se huise geverf, klere gemaak en hare gedoen, al het ek nooit die geleentheid gehad om hierin opgelei te word nie. Gelukkig het ek altyd geweet dat ek dit self kon uit-figure!

“Toe ek by ’n interieurwinkel begin werk, het die kleinhandelgogga my gebyt. Ek is mal daaroor om mense te help. Mense soos jou haarkapper of binnenshuisversierder gee vir jou oplossings. Voete was en dien – dis wat my gelukkig maak. Dis juis hoe ek Christelle ontmoet het: ek was haar “oplossing” vir ’n vensteruitstalling toe sy in ’n boekwinkel gewerk het. Van daardie dag af is ons beste vriende en lewensmaats.”

Christelle in haar trourok wat Henry gemaak het

Klere vir Christelle

“Ons albei is baie kreatief, wel op verskillende maniere. Ek het haar trourok gemaak, en ook haar hare gedoen en al die versierings vir die troue behartig.

Die eerste paar jaar van ons huwelik was ek die broodwinner sodat Christelle die vryheid kon hê om haar perfekte werk te vind. Sy is al 17 jaar lank omroeper by RSG.

As sy saans na ’n aandskof huis toe kom, is sy baie keer ingewag met twee nuwe rokke wat ek vir haar gemaak het terwyl sy uitgesaai het. Tot ons seuntjie gebore is, het ek al Christelle se klere gemaak.

Op 32 was dit my beurt om my ideale werk te vind. Ek het letterlik van voor af begin, as ’n junior visuele handelswarebeplanner by ’n groot kettingwinkelgroep. Die afgelope nege jaar het ek ongelooflik baie geleer. Ek is verantwoordelik vir die voorkoms van die winkels in my streek – die vensteruitstallings, groepering van produkte, en uitleg van die winkels. As bestuurder in die kleinhandelgroep moet ek die werk kan doen van enigiemand wat aan my rapporteer – van trokke ontvang, tot yskaste skoonmaak.

Toe Christelle swanger was met ons seuntjie, Lukas (nou 7), is sy met Stargards gediagnoseer – ’n oogtoestand wat veroorsaak dat sy stadig besig is om haar sig te verloor. Ek was genoodsaak om haar te begin help met takies soos haar grimering, iets waarvan ek geen kennis gehad het nie. ’n Boer maak ’n plan: ek het begin om op Instagram te kyk hoe om die nuwe uitdaging aan te pak.

Vandag is ek dankbaar vir die talente wat my God my gegee het. Met hierdie talente – wat mense nooit kon verstaan nie, en waaroor ek ge-judge en op skool gespot is – kan ek nou my vrou dien en bystaan in haar uitdagings.”

Henry se spesiale bediening

“Ek was vroeër verskriklik bang vir gestremde mense. Ek sou eerder ’n draai loop om ’n gestremde persoon as om met hulle in aanraking te kom. Weer eens het die Here ander planne vir my lewe gehad – ons seuntjie,  Lukas, is op die outismespektrum.

Die pad wat jy stap as die pa van ’n kind met spesiale behoeftes is ’n alleenpad. Terwyl jy sterk moet wees vir jou vrou en kind, moet jy ook nog sorg dat genoeg geld vir al die dokters/terapeute/toetse en medikasie inkom. Niemand wonder ooit hoe dit met die pa van so ’n kind gaan nie – dis meestal die ma en die kind wat aandag trek.”

Lukas (7) en Henry

“Terwyl jy as man jou vrou lewendig verloor aan die uitdagings en verpligtinge van die spesiale behoeftekind, begin jy jou besig hou met drank, sosiale media of ander dinge wat jou ’n nuwe, vals identiteit gee. Voor jy jou oë uitvee, is jy emosioneel heeltemal afgestomp. Dit maak dit makliker om al die uitdagings te hanteer.

Ons Skepper en Vader weet presies waardeur ons gaan en waarmee Hy ons kan help, ons moet net ’n lewende verhouding met Hom hê. Maar hoe gemaak as jy nie eens by die kerk kan uitkom nie? Ouers met spesiale behoeftekinders kan nie altyd sommer net kerk toe gaan nie, want hul kinders gaan nie stilsit en inkleur of speel terwyl hulle die diens bywoon nie. Ek en Christelle het sewe jaar lank afsonderlik kerk toe gegaan. Daarom het ek ons gemeente,  Pretoria Oosterlig, gevra of ons met ’n Spesiale Behoeftebediening kon begin.”

My droom vir die bediening is dat dit ’n gemeenskap sal word wat mekaar bystaan

“In Februarie 2019 het die bediening afgeskop met wonderlike vrywilligers wat na hierdie kinders omsien sodat hul ouers die diens kan bywoon. Die kinders kry lesse, spesiaal aangepas sodat elkeen op hul eie vlak kan leer.

My droom vir die bediening is dat dit ’n gemeenskap sal word wat mekaar bystaan in moeilike tye, wanneer een van die ouers dalk siek raak of selfs afsterf. Ek hoop dit sal ander kerke aanspoor om dieselfde te doen. Ek wil ook graag daar wees vir die pa’s wat nie weet hoe om hierdie uitdaging te hanteer nie”.

Meer inligting: Kontak vir Henry Joubert op Facebook of www.oosterlig.co.za

Christelle en Henry op hul troudag

Lees ook: Lori-Anne is “Bald and Beautiful”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

45 mins Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

2 hours Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 hours Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

5 hours Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

6 hours Gelede

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse   Bestanddele   100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.