Hennepsaadolie-velsorgprodukte wat jy nou moet probeer deur Corné Greeff. Hooffoto: Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hennepsaad is afkomstig van die Cannabis sativa-plant en is volgens The Body Shop een van die oudste gesaaide oeste ter wêreld. Nadat die hennepsaad geoes is, word ’n koudgeparste proses gebruik om die olie uit te pers. Dit is ’n natuurlike bron van gamma-linoliensuur (GLA) wat help met die bevogtiging van jou hare en vel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Moenie bekommerd wees nie, jy sal nie “hoog” word as jy ’n room wat hierdie olie bevat aan jou gesig smeer nie – die kommersiële gebruik van hennepsaadolie bevat nie die THC-bestanddeel wat jou kan “hoog” maak nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Bestanddele:
Meng die bestanddele saam en hou dit in ’n glasfles. Gebruik soos benodig.
#rrWenk: Wanneer jy jou bene afskilfer voor jy skeer, maak die dooie velletjies nie jou lemmetjie stomp nie!
The Body Shop
The Body Shop gebruik al dekades lank hennepsaadolie in hul produkte en die Hemp-reeks is tans een van hulle beste verkopers.
Soil
Die Soil Organic Hemp Seed Oil (Cannabis sativa) (R100 vir 100 ml aanlyn beskikbaar by soil.co.za en Dis-Chem) is ryk aan anti-oksidante en vetsure, ideaal vir lyfsorg. Nadat jy dit aangesmeer het, word die olie vinnig geabsorbeer en laat nie jou vel olierig voel nie. Dit bevat bestanddele van die Cannabis-plant wat geen nadelige newe-effekte het nie. Dit kan ook gebruik word om grimering te verwyder.
TheraVine
Die TheraVine Clarifying Mango Face Balm (R448 aanlyn beskikbaar by theravine.co.za) se twee hoofbestanddele is mangobotter en hennepsaadolie en die room bevat ook ilang-ilang en laventelolies. ‘n Luukse, sagte room vir die nag wat nie net die vel reinig nie maar ook dien as ’n anti-inflammatoriese middel. Dit bevogtig die vel en help met die verligting van aknee.
COWSHED
Die COWSHED Bullocks Muscle Rub Body Oil (R399 beskikbaar aanlyn by beautifulage.co.za) is geskik vir mans en vroue. Masseer in jou vel in ná jy gebad of gestort het. Dit bevogtig die vel en laat die vel sag en glad nie olierig voel nie. Dit help ook met die verligting van seer spiere.
Dr. Organic
Dr. Organic het ‘n groot aantal produkte wat onder hul hennepsaadolie-reeks val. Daar is van velsorg- tot haarsorgprodukte en help met bevogtiging en beskerming.
Produkte beskikbaar aanlyn by drorganic.co.za en TakeAlot
Hempy
Die Hempy Natural Body Oil (R143,95, beskikbaar by wellneswarehouse.com) is ‘n natuurlike bevogtiger en hoog in vetsure. Dit help met die behandeling en herstel van ‘n baie droë vel.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.