Die Tokai bosmark het groot skade gely ná die verwoestende veldbrande rondom Kaapstad. Die mark is geleë in een van die brand-sones op die skiereiland.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit is in 2007 gestig en het begin onder die naam Porter Estate mark. Dit is vandag een van die stad se top-markte en bied aktiwiteite vir oud en jonk teen ’n pragtige bos agtergrond. Daar is baie kosstalletjies en ’n wye verskeidenheid ander goedere te koop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Talle van die stalletjies het groot skade gelei. Die kinders se speelplek is gedeeltelik vernietig en ’n aantal handelaars het al hul goedere en toerusting verloor. Die totale skade beloop sowat R300 000. Baie handelaars maak staat op die weeklikse markte as ’n inkomste-bron.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die mark doen ’n beroep op sy lojale ondersteuners om te help op enige moontlike manier. Sommige van die items wat die mark desperaat nodig het om voort te gaan is:
• Bou-materiaal soos gegalvaniseerde dakplate, houtskerms, rakke, pale, hout en verf;
• Winter-toerusting soos patio-verwarmers;
• Somer-toerusting soos sambrele en tuin- afdakke;
• Elektriese en klanktoerusting soos luidsprekers, mikrofone, vragmotor-batterye en 7x25m kragkoorde;
• Algemene items soos gas-silinders, stoele en tafels, tafeldoeke en kragopwekkers.
Besoek www.facebook.com/tokaiforestmarket vir meer inligting.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.