kategorieë: FiksheidGesondheid

Help, my oefenklere stink!

Jy en jou gunstelingoefenklere is soos tamatiesous op ’n “hotdog” – onafskeidbaar. Maar as jy agterkom jou oefenmaats begin draaie om jou hardloop en die groep verdeel soos die Rooi See voor jou wanneer jy aansluit, moet jy ondersoek instel. Dalk is daai nare reuk in die lug nie ’n dooie diertjie in die veld nie, maar jou oefenklere wat stink!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het dit al almal ondervind: na ’n tyd is dit asof sweet immuun raak teen die aanslae van ensiemwaspoeiers en die wasmasjien. Die oomblik wat jy begin sweet, is daar ’n geheime reaksie en verander jou oefenklere in biologiese wapens wat geharde soldate met toegeknypte neuse die hasepad sal laat kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Boonop kan goeie oefenklere wat nét reg pas ’n groot uitgawe wees. Jy kan nog wegkom met ’n goedkoper hempie, maar ’n goeie oefenbroekie wat na ’n halfuur se hardloop steeds jou beste vriend is en nie soos doringdraad al wat sagte vleisie is skaaf nie, is duur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blameer die sintetiese vesels waarvan moderne oefenklere gemaak word, sê tekstielkenner Adine Gericke van die Universiteit van Stellenbosch. “Funksionele tekstielstowwe het wondere verrig vir oefenklere en klaargespeel met swaar, nat t-hemde van katoen wat aan jou lyf kleef as dit nat word en broekies wat jou lieste skaaf. Nuwerwetse materiale trek sweet van jou vel weg sodat dit makliker kan verdamp en hou jou droog en koel in die warm weer en warmer in die winter. Tog is mikrovesels eintlik net vesels met ’n baie klein deursnit en dikwels suiwer poliëster. Net soos die poliëster van toendertyd is dit egter ook geneig om reuke op te bou as gevolg van ongewenste mikro-organismes wat tusen die baie fyn vesels bly sit en nie deur gewone was verwyder word nie. Sodra die atleet begin sweet, gebruik hulle die sweet as voedingstof en kan dit onder andere reuke afgee. Dus vind die meeste hardlopers dat daardie item wat netnou nog skoon en vars geruik het, skielik met jou begin ‘praat’. ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat kan jy doen?

• Was die klere so nou en dan in warm water op ’n kort wassiklus of met die hand, sê Adine. “Ons is deesdae geneig om alles met koue water te was omdat moderne waspoeiers vlekke en vuilheid effektief by lae temperature kan verwyder. Hierdie temperature is eger nie genoeg om mikrobe dood te maak nie. Lees net asseblief vooraf die etiket en moet dit nie op ’n lang, warm wassiklus in die masjien gooi nie. Lycra en Spandex hou nie van hitte oor die lang termyn nie en dit kan die vesels beskadig. Dit is natuurlik ook ’n goeie idee om ’n produk te kies waar die etiket aandui dat dit ’n antimikrobiese afwerking soos byvoorbeeld nanosilwer bevat.”

• As jy bang is vir die effek van die temperatuur op die vesels, kan jy dit kortliks (30 minute) week in 2 liter koue water met een koppie wit asyn. Spoel uit en was dan gewoonweg. Moenie langer week nie, want hoewel poliëster daarteen bestand is, kan die suur sommige ander vesels beskadig.

Beide (warm water en suur) is om mikro-organismes, wat reuke veroorsaak, uit te wis.

Lees ook: Help, my oefenklere stink!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

13 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

14 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

16 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

18 hours Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

20 hours Gelede

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.