Children’s Cardiac Foundation of Africa. Inligting verskaf. Foto: iStock/Credit:VectorStory
Wees ’n harteheld en help om saam met die Children’s Cardiac Foundation of Africa geld in te samel vir lewensreddende hartchirurgie vir kinders met hartsiektes
Jy of jou onderneming kan ook betrokke raak by die Children’s Cardiac Foundation of Africa. Dié organisasie samel geld in vir kinders wat met hartdefekte gebore is en wat lewensreddende hartchirurgie moet ondergaan.
Geen bedrag is te klein nie. Vir meer inligting klik op givengain om jou bydrae te lewer.
Vinnige feite oor hartabnormaliteite wat voor geboorte ontwikkel:
- 1 uit 100 kinders word met ’n hartdefek gebore.
- Dit kom sowat 60 keer meer as kanker by kinders voor, en is 25 keer meer algemeen as sistiese fibrose.
- Suid-Afrikaanse kinders wat daarmee gebore word, word op ’n waglys geplaas waarop tot duisend pasiënte is. Dit kan jare duur voor ’n kind chirurgiese behandeling kan ondergaan, en dikwels is dit te laat vir die operasie.
- Ondanks die feit dat dit behandelbaar is, sterf meer as 3 000 kinders jaarliks in Suid-Afrika, of ly terwyl hulle op chirurgie wag. Sowat 335 000 kinders word elke jaar met die probleem in Afrika gebore. Meer as die helfte sterf binne die eerste paar jaar ná geboorte.
Vir meer inligting kontak:
The Children’s Cardiac Foundation of Africa |tccfa.org/ / [email protected] | +27 60 976 2761
Facebook: @tccfa1 Instagram: @tccfa Twitter: @tccfa #BeAHeartHearo #TCCFA
Om op hoogte te bly van nog maniere hoe jy betrokke kan raak by sake in jou gemeenskap, loer hier