kategorieë: Gesondheid

Help! Hoe kry ek my tande wit?

Glimlag jy deesdae met jou hand voor jou mond omdat jy dink jou tande is nie mooi genoeg nie? Jy kan jou tande laat bleik – wat niks vir sekere soorte tandvlekke sal help nie. Begin op die régte plek, en kyk eers watter soort tandvlekke het jy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klein, goeie gewoontetjies wat jy getrou oor baie jare doen, hou uiteindelik jou tande op hul mooiste. Onthou, die kleure van gesonde tande kom in al die skakerings van wit en room. Wat vir jou heeltemal te geel lyk, is dalk die kleur van pragtig gesonde tande. Maar doen die volgende en hou jou tande se natuurlike kleur so mooi as wat dit kan wees:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Spoel jou mond met gewone water direk na elke koppie koffie en glasie rooiwyn of ander kos met ’n sterk kleur wat jou tande moontlik kan vlek.
• Borsel jou tande deeglik. Die skuuraksie help enige kleurneerslag afborsel.
• Laat ’n mondhigiënis jou tandemalje skoonmaak.
• Probeer ’n tandbleikmiddel. Maar dit is nie vir jou as jou tandemalje al redelik verweer het, baie sensitief is en/of as jy gaatjies het nie. En oppas vir bleiking as jy krone en brûe het: die bleikmiddels maak net jou natuurlike tande witter terwyl jou sintetiese tande dieselfde kleur bly. Jy gaan met ’n bont mond sit.
• Die tuistoestelle werk net vir baie ligte vlekke. Professionele behandeling is doeltreffender maar kan jou tande vir ’n paar dae sensitief laat voel.
• As jou kinders gereeld antibiotika moet gebruik, maak seker dit is nie tetrasikliene nie, want dit vlek tande baie lelik veral by kinders jonger as twaalf. Jy behoort daarom ook nie tetrasikliene tydens swangerskap te gebruik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook:

My een tand is lelik gevlek. Hoe kry ek dit wit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.