Toe ek by die vertrek instap, kon ek dadelik sien daar is iets anders aan hierdie groep. Daar was blomme en feetjieliggies aan die instrumente vasgemaak, met klein portrette van Frida Kahlo en persiese matte oral op die vloer. Dit het gelyk asof almal op die mat gaan sit en hul harte vir mekaar uitstort, so rustig was die atmosfeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Een vir een stap die groep op die verhoog en twee jong dames neem beheer. Die klanke wat hul instrumente verlaat het, is vanuit ’n tegniese oogpunt meer as wat van so ’n jong groep verwag kan word. Ek was nie verbaas om te hoor dat Bye Beneco op die verhoog by OppiKoppi gesien was en dadelik deur Just Music opgeraap is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit is altyd bevredigend wanneer ’n groep se “live” optredes en studio-album presies dieselfde klink, geen wankeling in kwaliteit nie. Die groep noem dat hulle in die opname alles probeer het, elke idee het aandag gekry, dus is Space Elephant iets uniek. Dit is Bye Beneco se eerste album. Moeilik om te kategoriseer, maar maklik om na te luister. Met baie meer instrumente as ’n gewone musiekgroep, is dié groep vol speletjies. Hulle ruil plekke en probeer nuwe klanke, maar die stemme bly hipnoties. Die liedjies wissel tussen vinning en ritmies na stadig en emosioneel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Met ’n lied in my hart en ’n glimlag op my gesig was ek daaraan herinner dat Suid-Afrikaanse musiek werklik van puik gehalte kan wees.
Ons gunsteling liedjie op die album is Overwhelm. Met klanke van Indie, folk en ’n bietjie björk is die Space Elephant-album iets anders.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vir meer oor Bye Beneco gaan na www.justmusic.co.za
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.